As jy ‘n bekostigbare fotograaf soek vir jou volgende event hoef jy nie verder te soek as Andrew_kiekies nie!

In Bemarking deur griffinRek jou bek

Het jy ‘n cool besigheid en wil jy graag bietjie die woord versprei? Was 2019 vir jou ‘n fokken tos jaar gewees? Is jy van plan jou boot prints op 2020 se ass te los?

Maybe kan ons jou help om jou netwerk te groei.

Ons het ‘n splinternuwe Maandag feature op Watkykjy om ouens soos jy te help. As jy belangstel, drop ‘n mail  met so bietjie details oor wat jy doen om zak te maak, dan werk ons vir jou ‘n post uit om ou stuff te bemark op Watkykjy wat jou budget pas, soos wat ons vir Andrew gedoen het, vir sy bekostigbare fotografiebesigheid, Andrew_kiekies Photography


Enige fokken aap met ‘n selfoon kan ‘n foto neem, maar jy gaan nogal afkak as jy vir ‘n aap vra om foto’s te neem van jou matriekafskeid. Of jou troue. Of die geboorte van klein Habakuk-Francois. So hoekom wil jy die kans vat en goeie memories opdonner? Andrew Campbell van andrew_kiekies photography vertel hy het ook maar so rondgetos met sy selfoon by sy laaitie se rugbywedstryde, maar toe van die mammas met trane in hul oë vir hom kom bedank vir die mooi kiekies van hul spruite wat so rondhardloop met die eierbal, toe laat vaar hy sy aapstreke en skaf ‘n kamera aan. ‘n Properse een, sulke fancy Nikon met ‘n what-what lens en ‘n #maakjoueiehashtagvirietscoolhierso ander lens en so aan. En toe neem hy elke Saterdag kiekies met die Nikon by die skool se rugbywedstryde en mense begin hom groet.

Kyk, dis nie sy 9-5 nie – hy graft in die kreatiewe industrie, maar toe hy agterkom watse mooi prentjies hy kan maak met die Nikon, toe byt die gogga behoorlik. En toe vra een van die skoolseuns of hy kan foto’s neem van sy matriekafskeid en Andrew dog toe “Why not!” Sedert daai eerste genuine shoot, het hy nou al heelwat matriekdanse gedoen, ‘n troue of twee, so paar maternity shoots, corporate shoots vir kleinerige besighede en heel onlangs ook sommer ‘n shoot vir ‘n band. Intussen het hy sy fotografiebesigheid geregistreer, die groot stap geneem om business cards te print en besef hoe baie hy dit smaak om mense af te neem.
Die main ding wat jy nodig het in hierdie tipe besigheid,  is ‘n goeie oog. En luckily vir Andrew se kliënte, het hy sommer twee. Die ander belangrike ding wat in sy guns tel, is die vermoë om te improvise:

“My mees uitdagende shoot nog was ‘n kleinerige troue buite Brits. Toe ek daar aankom, besef ek met ‘n skok die venue het soos in geen natural beauty nie. Die onthaalarea self was in ‘n skuur en dit was prentjiemooi binne. Maar in terme van troufoto’s neem na die ja-woord gegee is, was daar geen scenery, oulike boompies, waterstroompies of Pierneef-inspired berge nie. Die enigste ding waarvan daar ‘n oorvloed was, was hondepoef. Die eienaar van die venue het klaarblyklik geglo dit dra by tot die ambience aangesien menige getroude paartjie vir jou sal sê enige huwelik het maar sy kak. Maar mens maak ‘n plan. So 5km van die venue af, kom ons toe af op lekker plaaspaaie, vervalle geboue, plaashekke en lusernlande. En in die kar was meer as genoeg props om te gebruik om aan elke troukiekie so tikkie ekstra uniekheid te verleen.”

As jy dus opsoek is na ‘n fotograaf vir jou volgende life event, stel ons voor jy gee Andrew ‘n luitjie, want as dit by improv kom, kan hy dalk ‘n kief pakket uitwerk vir jou waar hy op een naweek sommer alles doen. Van Habakuk-Francois se geboorte en jou agterkleinnefie se eerste uitdraf in die Nommer 10-trui vir die blindeskool, tot by ‘n family shoot wat almal insluit, selfs Tannie Ansie met die snor.

Valentine’s Day is byvoorbeeld net om die draai, so as jy kief kiekies kort, kontak Andrew:

Hierdie post is 381 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 403,117 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinAs jy ‘n bekostigbare fotograaf soek vir jou volgende event hoef jy nie verder te soek as Andrew_kiekies nie!

Gooi Comment