Wat het jy hierdie vakansie gekyk? Check hierdie stats vir Suid-Afrika!

In Movies en TV deur griffinRek jou bek

Vir sommige van ons maak die Desembervakansie eers komende Dinsdag klaar. Die meerderheid van julle unlucky bliksems sit reeds vir ‘n week lank by die graft en huil in julle cereal en oor julle tuna mayo toebas. Sorry man, dis super tos maar iemand moet werk om SA se water en ligte te betaal. Ek hoop jou vakansie was piele en dat jy gedoen het wat jy beplan het om te doen en lekker uitgerus het. Of dit nou by die see, die bosveld of die in-laws was. Of sommer net fokken lui voor die TV in jou onna of panty met biltong, bier en popcorn.

Om die waarheid te sê het ek die meeste oor die laasgenoemde demographic gewonder omdat ekself deel daarvan uitgemaak het: Jan Tuisbly se trapfiets. Ek was so fokken lui, ek was slegs een keer gym toe die hele fokken maand, en my goose moes my dreig en teen my wil saamsleep! Die res van die tyd was ek in die swembad of agter die braai maar ek het veral my tyd op die couch voor die TV spandeer. Lazy as fuck, slegmoer kwadraat. Die duiwel se oorkussing. Movies wat ek op DStv Now en Showmax gekyk het, was in Home Alone en Home Alone 2 (ek doen dit elke jaar), Dumbo en Peppermint. Reekse wat ek oor die feesgety gebinge het op Showmax sluit in: Ramy, Mr Pickles, Family Guy, Succession, Silicon Valley, Legion en local series, Hotel.

Ek het gewonder wat die res van julle gekyk het, so ek het die IT laities agter die skerms by Showmax gevra om bietjie hulle data met my te deel en daar het nogal interessante en onverwagste stats hulle koppe uitgesteek. Mzanzi het byvoorbeeld meer as 100 jaar se tyd in videos gekyk tussen Krismis en die nuwe jaar. Jy sou, soos ek, dalk geraai het dat Boxing Day die meeste boude op die couches sou kry, maar Suid-Afrikaners het actually hulle peak geslaan op Sondag, 29 Desember. Dit maak nogal sin – dis die laaste groot Sondag chill voor almal hulle kollektiewe kak verloor met ‘n nuwejaarsparty.

Oor die algemeen het ons almal meer gebinge oor KeDezemba  volgens Showmax se number crunchers – mense het op average meer as 30 episode van dieselfde show gekyk. Daar was egter een Showmax account wat meer as 200 episodes van dieselfde show gekyk het! Ek fokken sweer dit was een van julle Watkykertjie blimsempies gewees! Volgens Showmax was die shows wat die meeste gekyk was The River, Binnelanders en Getroud Met Rugby. Komaan, wie het 200 espisodes van  Getroud met Rugby faktap gekyk, huh? Uit daarmee! Jirre, wat was jou snack bill, bul?

Ek het ook geskiem dat die peak kyktyd hier rondom 7pm sou wees wanneer mense saans begin settle met hulle TV dinners. Of dalk selfs 8pm nadat die eerste vleispoep onder die duvet uitge-fan word. Nope, die peak was reeds 6pm geslaan, wat beteken mense het vroeër voor hulle TVs begin inskuif. Julle het ook meer movies gekyk as gewoonlik, wat ook sin maak – jy kon vir langer tydperke op jou sewende nekwerwel lê soos ‘n sleg kak. Die genre wat die meeste aandag gekry het? Reality shows. Ons kom later by die lysie. Sport? Die game wat die meeste oogballe gekry het was die match tussen Wolves en Machester City (Wolves het hulle 3-2 opgefok).

Die finale syfers dui daarop dat Suid-Afrika eerste plek gevat het oor die holidays met hulle streaming – ons average ure per kyker was op met 21% terwyl Nigeria se increase 10% was en Kenya s’n 7% was.

Die top tien mees gekykte shows op Showmax vir die hele jaar van 2019 sien so daarna uit:

Internasionale reekse:

HBO se Euphoria *
HBO se Game of Thrones *
HBO se Chernobyl *
Younger **
HBO se Big Little Lies *
Vikings ***
Billions *
The Girlfriend Experience **
Siren *
The Handmaid’s Tale ***

*  Ek het al hierdie reekse klaargekyk en kan dit ten sterkste aanbeveel. Enige iets deur HBO kry gewoonlik dubbel punte in my boek.
**  Ek het nog glad nie aandag aan hierdie reekse gegee nie, maar dis op my lysie.
*** Ek is besig om deur hierdei outjies te werk en dis kaklekker.

Ek wil ook net graag my eie nommer 4 in die top tien in squeeze. Legion is foooookken goed! Gaan lees gerus my review vir die show hierso.
Die Suid-Afrikaanse reekse:

Trackers
The Real Housewives of Johannesburg
Being Bonang
The River
The Queen
Die Spreeus
Die Byl
The Girl From St Agnes
The Bachelor SA
Boer Soek ‘n Vrou

Ek het Trackers fokken erg geniet en so ook Die Byl en The Girl from St Agnes. Ek het Die Spreeus een aand begin kyk maar vinnig afgesit, want ek is een van daai pisserige mense wat nie bangmaak-stuff in die donker kan kyk nie, so ek sal dit in daglig met die gordyne oop moet kyk terwyl die ligte ook aan is. En iemand moet my vashou en in my oor fluister dat alles orraait sal wees.

Ek weet nie regtig of ek Being Bonang en The Queen sal kyk nie (ek is nie ‘n soapie-mens nie) en dieselfde geld vir Boer Soek ‘n Vrou en The Bachelor SA – ek kyk nie eers die US version van The Bachelor nie. Chopper Charlie aan die ander kant, kyk Boer Soek ‘n Vrou skaamteloos, sommer so in die ope. Ek kan nie meer met hom nie…

Wat ek wel baie oor skaam is om self te erken, is dat ek ‘n stukkie The Real Housewives of Johannesburg begin gekyk het en toe trek die fokken show my heeltemal in. Ek het die fokken ALLES gekyk. Dis een van daai car crash TV vibes. Dis so ‘n fokken gemors en die mense is so self-absorbed en fokken dom, maar jy kan nie wegkyk nie, ek sweer. Ek is bang dat Being Bonang dalk dieselfde effek op my gaan hê. Ek sal maybe net die punt insit en kyk wat gebeur…

Daar is fokken baaaaaaie stuff om op Showmax om 2020 mee af te skop. Ingeval jy nog nie vir jou 14-dae free trial by Showmax opgesign het nie, is dit dalk nou die ideale tyd. Daar onder andere ook ‘n kakhuis vol cartoons vir die kids asook vir die grootmense – en dis proper stuff.

Hierdie post is 205 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 483,084 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffinWat het jy hierdie vakansie gekyk? Check hierdie stats vir Suid-Afrika!

Gooi Comment