Guruguru – effektiewe bemarking vir armgatte!

In Bemarking deur griffin1 Eiertjies

Het jy ‘n cool besigheid, maar jy wil graag bietjie die woord versprei? Was 2019 vir jou ‘n fokken tos jaar gewees? Is jy van plan jou boot prints op 2020 se ass te los?

Maybe kan ons jou help.

Ons het ‘n splinternuwe Maandag feature op Watkykjy om ouens soos jy te help. As jy belangstel, drop ‘n mail  met so bietjie details oor wat jy doen om zak te maak, dan werk ons vir jou ‘n post uit op Watkykjy wat jou budget pas, soos wat ons vir Francois gedoen het, vir sy bekostigbare eenmanagentskap, Guruguru …


“Bemarking is donners scary en dis moontlik hoekom meeste van ons dit net eerder los,” vertel Francois Van As, net voordat hy per ongeluk te hard op die agerkant van sy BIC pen byt. ‘n Skerfie deursigtige plastiek tuimel deur die lug en tref eers die muur en toe die mat. Dis duidelik iets wat gereeld gebeur, want hy maak sy skeel skoon en brei verder uit: “Dit is soveel makliker om sukses net eenvoudig aan die lot oor te laat. En met lot bedoel ek natuurlik die hoop van word-of-mouth en effektiwiteit van Facebook pages.”
Francois het onlangs sy internetbemarkingsdienste aanlyn gevat in die vorm van ‘n eenmanagentskap, Guruguru die wesite waarvan hy die bou en launch daarvan uitgestel het vir 5 jaar. Dit het hom toe op die ou einde slegs vyf ure geneeem om die website te bou en sedertdien het sy sukses en credibility die hoogte ingeskiet. Afterall, mens kan seker nie ‘n tandarts sonder tande vertrou nie, of hoe?

So, wat is dit wat digitale bemarking so donners scary maak?
Francois sê daars ‘n paar faktore van digitale bemarking wat hom persoonlik al die nightsweats gegee het: 

  1. Waar de donner begin mens?
  2. Hoeveel gaan dit kos?
  3. Waar kry mens die tyd vir hierdie kak?
  4. En weereens, waar de donner begin mens?
    Waar om te begin is die regte vraag om te vra, want daar is so baie aspekte wat deel vorm van ‘n effektiewe digital bemarkingsplan. Daar’s SEO (search engine optimisation), Google Ads, Facebook Ads, social media marketing, mailing lists en nog goed waaraan mens nie nou dadelik kan dink nie. Maar die een ding wat al hierdie stukke gereedskap aanmekaar vasgom, is jou website. Sonder dit is jy en jou besigheid (wat moontlik ook jy is) verlore. ‘n Paar jaar terug kon ‘n mens nog staatgemaak het op ‘n Facebookblad en ‘n paar random weeklikse posts, maar die aanlynbemarkingsklimaat het intussen drasties verander!


Om ‘n werklik impak daarbuite (of waarookal die internet is) te maak, kort mens ‘n behoorlike website wat op effektiewe maniere connect aan die regte mense op ‘n gereelde basis.
‘n Mondvol? Ja. Akkuraat? Beslis!

‘n Besigheid wat uitkyk vir die klein outjies

Behalwe vir selfgeleerde digitalebemarkingskonsultant, is Francois ook ‘n musikale komediant met amper ‘n dekade se ervaring op die verhoog. Dis hierdie jare as kunstenaar wat hom laat besef het dat iemand iets moet doen om aanlynbemarking toeganklik te maak vir kreatiewe armgatte soos hyself. En dis presies wat hy nou poog om te doen met Guruguru!
Hy verduidelik: “Ja, ek doen werk vir corporate kliënte ook, maar ek het ‘n belofte gemaak dat ek ten minste vir die volgende jaar nooit ‘n komediant, kunstenaar, sanger, band, of ander kreatiewe persoon of groep meer as R3000 vir ‘n website sal vra nie. En dit sluit domain registrasie en hosting in vir ‘n jaar.”

Francois wil met Guruguru ook help om kunstenaars te help om meer te leer van digitale bemarking, sodat hulle hulleself kan help in die toekoms, en dalk ook op hulle beurt hierdie nuwe dienste aan ander besighede kan bied.


“Mens moet baie vingers in baie pasteie hê om dit as enige tipe kunstenaar te maak deesade. Talent is belangrik, maar nie alles nie.”

Guruguru is jonk, maar groei geweldig. In die nabye toekoms kan ons ‘n opvoedkundige blog verwag, instruksionele vlogs, en ‘n lekker podcast waar Francois met suksesvolle kunstenaars van alle shapes en sizes gaan gesels oor hoe hulle, hulleself bemark.

Maak kontak of raak betrokke!

As jy meer wil uitvind of betrokke wil raak by Guruguru, besoek gerus die website of maak sommer direk kontak. Wie weet, dalk werk julle saam aan iets moerse cool? Vertel jou tjommies in die entertainment industrie hiervan. Dis 'n 'n moerse solid deal!


En onthou om ons te kontak as jy jou besigheid wil feature!

Hierdie post is 315 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 479,001 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffinGuruguru – effektiewe bemarking vir armgatte!

Comments

  1. Francois de Wet

    Nice one Francois, het gewonder wat jy maak vir ‘n geldjie want “starving artist” is nie eitlik jou ding nie. Laat weet maar as jy dink jy kan iets doen met Infinity Stainless Steel …… ons ken darem al mekaar.

Gooi Comment