Star Wars junkies – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffin en Chopper CharlieRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.

Star Wars junkies
Toe Star Wars in 1978 die lig gesien het, was dit iets nuuts, groots en opwindends. Dit was nog voor die tyd van alomteenwoordige CGi graphics en dit het alle ander special effects laat simpel lyk.
Dit verstaan ek.
Wat ek nie verstaan nie is vandag se verbysterende oordrewe obsessie met Star Wars. Laaities (gewoonlik laaties) wat lank na die flieks gebore is kan vir ure lank die meriete van die verskillende ou flieks, asook die afwesigheid van meriete in enige van die nuwe Star Wars-flieks, bespreek. Party ouens gaan sover as om die “rasse” van Star Wars met mekaar te vergelyk en klassieke R2-D2-momente uit te lig. (R2-D2 is ‘n dapper klein asblikkie wat nie kan praat nie, as jy gewonder het. En nee, daar is nie klassieke R2-D2-oomblikke nie.)
Toe ek nog ‘n snotkoppie was het ek reeds vinnig uitgefigure hoe die aliens-ding in sci-fi flieke werk. Hulle vat ‘n standaard mens en trek vir hom ‘n simpel latex-kostuum aan wat sy karaktertrekke effe oordryf. Vat nou maar vir Chewbacca (lyk soos ‘n groot hond), die Ewoks (piekies in beertjiekostuums) of Dr Spek (Oe! Skerp ore!).
Wat ek wonder is wanneer die Star Wars suckers hierdie allemintige kreatiewe oorsig self gaan agterkom en ophou draties kap oor ou posters van Prinses Leia.
Sy’s al in die vyftig. Stupid nerd.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.

Hierdie post is 107 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 620,891 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffin en Chopper CharlieStar Wars junkies – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

Gooi Comment