Joost Van der Westhuizen– Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffin en Chopper Charlie2 Eiertjies

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.

Joost Van der Westhuizen
‘n Hele paar van die rugbyhelde wat in 1995 gehelp het dat Suid-Afrika die Wêreldbeker wen het op televisie geindig as rygby-aanbieders. Dis danksy daai einste oorwinning dat ons gereeld in Kobus Wiese se crew cut vaskyk, moet luister na Joel Stransky se nasale gekef, en natuurlik Joost se “presentering” moet verduur.
Ou Joost was ‘n great scrummie. Hy was ‘n yster op die veld en ‘n aanwins vir rugby. Maar – en moet geen fout maak nie – die man is nie ‘n aanbieder se gat werd nie. Saam met Errol Tobias probeer hulle so hard om hul Afrikaans suiwer te hou dat betekenis en styl dikwels moer ver oor die doellyn geskop word.
Een woord waarsonder Joost natuurlik nie kan klaarkom nie is presies dit. Natuurlik. “Hulle het natuurlik om die skrum gebreek om Adi Jacobs weg te stuur.” Issit Joost? Was dit ‘n natruurlike proses? Of het ons lankal reeds geweet dit gaan gebeur?
“Hy’s natuurlik die skeidsregter van Wallis.”Bedoel jy nou as natuurlike persoon uit Wallis of sommer net dat dit natuurlik die skeidsregter is omday hy ander klere as die twee spanne aanhet?
Verder is daar die alewige anglisismes. Kyk, ek kan nie vinger wys met taalmeng nie. Maar met die “kasueel”, “presenteer” en “inisieel” wou ek al die man vra om asseblief ‘n Engelse woord of twee tussenin te gooi. Doen dit vir die span, Joost.
“Natuurlik” kan Joost dan met plesier sê.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.

Hierdie post is 122 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 478,700 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffin en Chopper CharlieJoost Van der Westhuizen– Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

Comments

  1. Kosie Rosie II

    Maar die is mos nou dubbel standaarde? Kak op Yolandi oor sy nie van temerige liedjies hou, maar kyk hier… 😀 Kan jul nog so paar advertensies op jul website insqueeze? 😀

  2. griffin

    Sorry, jy gaan my konteks moet gee hierso. Niks van jou comment maak sin nie.

Gooi Comment