Spatare – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffin en Chopper CharlieRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.

Spatare
Okay, dis miskien bietjie van ‘n goor enetjie om julle mee te target en ons weet daar is niks wat jy daaraan kan doen behalwe om miskien ‘n bietjie gesonder te leef nie. Maak dit vir jouself aangenamer. Verander dit in ‘n oulike padkaart met toeriste-aantreklikhede. Gebruik sommer ‘n permanente tattoo, want daai aartjies gaan nêrens heen in die nabye toekoms nie.
Of jy kan ‘n langbroek dra. Dis jou aartjies, nie ons s’n nie.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.

Hierdie post is 115 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 678,593 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffin en Chopper CharlieSpatare – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

Gooi Comment