Sonbrille wat orals behalwe in die son gedra word – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffin en Chopper CharlieRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.

Sonbrille wat orals behalwe in die son gedra word

during the NBA All-Star Game held at Cowboys Stadium on February 14, 2010 in Arlington, Texas.

Ons is bewus daarvan dat jy met jou selfbeeld sukkel. Hier is vir jou ‘n oefening. Probeer om eers jou bril af te haal en jou hond of kat in die oë te kyk as niemand ander by is nie. Ek belowe jou, Kolle sal eerste wegkyk. Daarna kan jy dit voor die sieël afhaal en jouself in die oë kyk. Namate jy meer selfvertroue kry, kan jy jou sonbril ook tussen mense om jou begin afhaal. Probeer familie eerste, dan gawe kollegas, en dan vriende.
Jou sonbrille kan darem nog gebruik word waarvoor dit gemaak is – om jou kykers teen die son te beskerm. Soos op die strand, of in die kar, of buitekant.
Maar vat dit stadig. Dis ‘n groot stap. Onthou, Rome is nie in ‘n dag gebou nie.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.


Place your ad here

Hierdie post is 151 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 168,617 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 2
  •  
  •  
  •  
  •  
    2
    Shares
  •  
    2
    Shares
  •  
  • 2
  •  
  •  
  •  
griffin en Chopper CharlieSonbrille wat orals behalwe in die son gedra word – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

Gooi Comment