Sewes rugby – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffin en Chopper CharlieRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.

Sewes rugby
Sewes rugby is presies dieselfde as rugby, behalwe dat daar nie geskrum word nie… O nee wag, ek sien nou. Moerse veld, min mense, fkol tyd. Dis vinnig-vinnig oor en nogal onlogies – bietjie soos sokker sonder ‘n goalkeeper of krieket sonder mense. Miskien moes hulle nie die woord “rugby” geberuik het nie. Sewes sokker kon net so gepas gewees het, want sien, dis ook glad nie rugby nie.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.


Place your ad here

Hierdie post is 34 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 35,625 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffin en Chopper CharlieSewes rugby – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

Gooi Comment