Jy kan soos ‘n kleiner Jeff Bezos voel vir ‘n dag. Op ‘n seiljag. In Harties.

In Snotstories, Travel, Watkykjy Tips deur griffinRek jou bek

Kyk, Jeff Bezos is langer as die lengte van ‘n average vrou maar onder die lengte van ‘n average man, so hy is basically ‘n langerige kaalkop vrou met manlike tendencies. As ons sê jy kan soos ‘n kleiner Bezos voel vir ‘n dag, verwys nie na sy size nie maar eintlik na sy beursie se size. Maar ‘n baaaaaaaaie kleiner een! Duur sjampanje, vinnige karre, gevaarlike chicks en seiljagte  word gewoonlik met berge zak geassosieer en dis nie beskore vir die meerdeheid van ons plebs nie. “The best things in life are free” is ook net ‘n bullshit line wat een of ander armgat doos opgemaak het om homself en ons beter te laat voel oor ons finansiële omstandighede. Jy weet in jou hart van harte waarop jy ‘n miljoen rand sal blaas as dit nou in jou kamer verskyn.  Ongelukkig kos die lekker dinge in die lewe geld.
Ons kan jou nie help nie, want ons thoughts-en-prayers-kanon was gebreek in boks afgelewer, maar ons kan dinge vir jou makliker maak deur jou in te lig oor opsies. Jy gaan probably nooit ‘n seiljag of sy baba wat sy sleep (soos in die foto hierbo) kan bekostig nie, maar ons kan jou ass op een kry, so kom ons gaan vir “zef, dog stylvol”?
Jy kan byvoorbeeld vir min of meer dieselfde prys as ‘n 30 minute slot op ‘n go kart track; vir twee ure lank jou lyf fancy gaan hou op die grootste seiljag op Hartbeespoortdam. Hierdie fokken bulletjie:
Harties is nie net die olifant sanctuary of die pannekoekplek of die biker breakfast run nie. There is more to it. Die rede hoekom jy nie van die res weet nie, is omdat jy nie ‘n tjommie met ‘n boot of ‘ jet ski daar het nie. Wat van ‘n tjommie met ‘n seiljag? Wat van ‘n tjommie met die grootste een op die dam? Hier is vir jou daai tjommie: No1 Waterfront maak voorsiening vir korporatiewe geleenthede, private partytjies of net ‘n lekker dag saam met familie en vriende op die yacht, op die dam. Jy kan even die venue huur vir kleiner privaat funksies, meetings, braais, etes, konferensies, high teas of photo shoots as jou waterbene wobbly is. Dit is die perfekte venue met ‘n pragtige uitsig en ‘n atmosfeer wat intiem, stylvol en verwelkomend is.
Die yacht kan ‘n maksimum 12 passasiers (gemaklik) per rit akkomodeer. Dit maak dit makliker om te kies wie jy daar soek, want hierdie setup is vir heavy special geleenthede. Dink net aan al die lekker dinge wat jy daar kan doen?

Hier is ‘n paar voorbeelde:
Jy kan ‘n birthday party vir twee dosyn mense gooi. Twaalf gaan uit op die trip terwyl die ander twaalf solank op die wal staan om die vuur reg te kry en piele te vleg. Dan los die twee groepe mekaar af. En toe braai julle.
Jy kan special intieme celebrations op die boot gooi vir kleiner groepies. Pappa se 60ste? Dalk ‘n surprise verlowing? Dis ook die perfekte setup vir ‘n anniversary.
Maternity shoots langs die oewer? Of op die boot? Ek weet nie wat die reëls met pregnancy is nie, maar ek het al vrouens sien graft tot die babatjie se hand basically uitsteek en waai. So, not impossible then…
Maybe het jy familie of vriende van die Kaap af, of oorsese besoekers en jy wil bietjie brag met die scenery? Hoe baiekeer sien jy iemand op Facebook vra: “Waarheen kan ek my tjommies wat van Amerika  af visit vat om iets lekker naby Pretoria of Joburg te doen?”. Mense reageer amper altyd without fail met: Lion Park/Sun City/Cradly of Humankind/Cullinan. Daai is almal steeds befok, maar wat van ‘n unieke experience?

Hierdie foto is nie stock footage nie. Dis mense wat op die actual yacht in Harties was, wat so kakhappy lyk:
Daar hoef natuurlik geen special event te wees om so befokte dag uit te beplan nie. Doen dit net omdat ‘n piele idee is. Die ekonomie is so in sy fuck you in, dat meeste van ons nie eers ‘n cheap, kort, webrekertjie  vir ‘n naweek kan bekostig nie. Hierdie is die perfekte manier om at least te voel dat jy met vakansie gaan, so maybe kan jy nou bietjie meer uitsien na die Desembervakansie by die huis? Dit breek glad nie die bank nie.

Persoonlik dink ek No1 Waterfront kan effens meer charge, maar hier is hoe dinge tans werk daar:
Hulle charge R450 per persoon vir ‘n tweeuur lange trip rondom Harties. Dis ‘n moerse leisurely cruise. Daai bedrag sluit ook vonkelwyn, juice of soft drinks in, sowel as veilige parketing agter slot en grendel, vir die tydperk gedurende jou cruise. Jy kan ook jou eie cooler boks op die boot vat met jou eie booze, so daar spaar jy nog skille.

Info wat jou sal help:

  • Bring swemklere en ‘n lekker beach towel as jy wil tan.
  • Suntan lotion is fokken belangrik. Of break fluid – dis mos waarmee mense van Brakpan af mee tan.
  • Gemaklike klere soos shorts en t-shirts. ‘n Wit t-shirt laat jou altyd fokken ryk lyk – hulle verkoop dit teen R100 vir 2 by Pick ‘n Pay clothing.
  • ‘n Anorak tipe baadjie vir wanneer dit bewolk en winderig kan raak op die yacht. Weereens, wit is jou kleur, jou stylvolle fokker!
  • Deck shoes – hier is uiteindelik jou verskoning om Crocs te dra (wittes, né?)
  •  ‘n Lekker breërand hoed. Jou kriekethoed sal doen. Onthou, jou nek vat ook harde shots, so hoe kakker die hoed lyk, hoe beter is jou kanse teen die son.
  • Lip ice of Zambuck
  • Tunes – bring compilation CDs vir die boot. Die yacht het nie ‘n BlueTooth radio nie, maar as jy een van daai ouens is wat met ‘n foon en ‘n aux cable rol, is jy ook sorted.
  • ‘n Kamera, want jy gaan fokken mooi fotos kan neem!

The best things in life aren’t things. Gaan maak memories!

As jy meer info soek, check No1 Waterfront se Facebook page uit of bel vir Alex by 082 332 5761 as jy graag wil bespreek. Hy is die bra wat die bootjie bestuur in die video hieronder.

Hierdie video laat dit so fokken lekker lyk, ek het sommer weer vir hierdie Sondag bespreek vir myself en so paar tjommies:

Hierdie post is 244 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 164,529 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffinJy kan soos ‘n kleiner Jeff Bezos voel vir ‘n dag. Op ‘n seiljag. In Harties.

Gooi Comment