Wie sal arm wrestling wen tussen Mayans M.C. en Sons Of Anarchy?

In Movies en TV deur griffinRek jou bek

Kurt Sutter is die bra wat seker die grootste klop op die skouer moet kry vir die sukses van die TV-reeks, The Shield. Op hierdie show het hy allerhande hoedjies gedra: producer, skrywer en director. Hy het destyds toe sommer ook in dieselfde reeks in sy eerste volwaardige acting rol verskyn as die bad-ass hitman, Margos Dezerian.

Sutter is gebore en het grootgeword in New Jersey waar sy pa vir General Motors gewerk het. Waar daar ‘n liefde vir karre is, is daar gewoonlik ‘n liefde vir bikes en chicks ook en mens kry die idee dat Sons Of Anarchy die show is wat hy nog altyd wou maak. Hy het weereens diep gegaan met hierdie outjie as skrywer, producer en director en hy het homself natuurlik weer in ‘n scumbag rol ge-cast as die tronkvoël biker gang member, Otto Delaney. As ek reg onthou is Otto die maaifoedie met die pisserige poep-ogie.
Vinnige fact:maaifoedie’ is ‘n mooi Afrikaanse woord vir “motherfucker”

Sutter het dik voorberei vir hierdie produksie en het nogal tyd spandeer met lede van ‘n outlaw M.C. (motorcycle club) in Noord-California. Daar word nie pertinent genoem watter club dit was nie, probably vir illegal en safety redes, maar daar is leidrade wat daarop dui dat hy met Oakland se Harley Davidson hardebaarde ‘n piel of drie gevleg het. As mens gaan wyd gaan soek vir opinies oor hoe naby Sutter die biker lifestyle in California uitgebeeld het in sy reekse, is fans oor die algemeen moerse happy met die eindresultaat. Natuurlik is die pap dik aangemaak vir entertainment value want dit is fokken Hollywood after all. Die hele vibe van brotherhood en hoe mens in die ranks opbeweeg en jou ‘cuts’ kry nadat jy eers ‘n prospect was wat al die skiewie jobs moet doen, is outentiek. Ons kan net fokken dankbaar wees dat niemand in Suid-Afrika ‘n biker-bende TV-reeks probeer maak het nie. Jissis imagine dit, huh? ‘n Klomp tandardse en prokurowers op blink Harely Davidsons op ‘n vyfjaardienslplan wat soos fokken neutkraker baardolie ruik en op Sondae Harties toe fok om pannekoek te gaan vreet en teddiebeertjies vir “die minder bevoorregdes” gaan aflaai in die naam van Jesus? Met sulke Golgota kruis geborduur op die patch en die bikerbende se naam in die eerste font wat opkom in Microsoft Word waarin die embleem ontwerp is. Bederf jouself, jou rowwe kont!
Kom ons stick eerder by die cool biker stories van Amerika voor ons van die pad af gly. Ons moet onthou dat Sutter hier ‘n tipe van ‘n Star Trek maneuver afgepull het. Sons of Anarchy is ‘n unieke show en ‘n vars konsep vir ‘n unieke generasie. Whatever daarop volg, sal nooit 100% oorspronklik kan wees nie. Dit sal copycats of spin-offs moet wees en dis totally fine, wat ons dan nou by die nuwe reeks, Mayans M.C. bring. Dis ook een van Sutter se breinbaba’s en dit maak sin dat dit uit sy pen vloei, want hy het reeds al die donkiewerk gedoen en het moerse sukses behaal met SOA. Daar is dus geen rede hoekom hy dit nie nog ‘n shot kon gee nie, right? Mayans M.C. het sy eie sin van oorspronklikheid en integriteit binne min of meer dieselfde biker-kosmos van California en staan stewig op sy eie twee bene.
Vinnge fact: Sutter se vrou in regte lewe is Katey Sagal. Sy was die lead actress in die rol van Gemma in SOA en doen ook ‘n vinnige cameo in die eerste episode van Mayans M.C. Jy sal haar moontlik ken as Peggy in die kakzef, laat 80s TV-reeks, Married… With Children
Jy sou reg raai dat die hardcore SOA fans se main gripe gaan wees dat Mayans M.C nie Sons of Anarchy is nie en goddank dat dit nie is nie! Check, ek is ‘n moerse fan van beide shows, maar ek het wel my issues met SOA gehad. Issues in a good way. Dis lekker om soms die humor en die lame kak uit te lig in die supposed ernstige oomblikke van movies en TV. Veral as dit by die hoofkarakter, Jax kom. Kyk, ons vang dit – Jax is ‘n hot ou. Ons kan mos sien hoe ons gooste hulle lippe aflek vir hom elke keer wanneer hy sy hemp uittrek en die vibe vir ‘n wyle soos ‘n Timotei of Kelvin Klein advertensie voel. Daai is nog fine. Wat my effens ‘n appel laat kak, is die feit dat Jax en sy boytjies loop asof hulle permanent ‘n skaap tussen bene het en waatlemoene onder die kieliebakke dra. En die mansdrukkies met die brotherly klop op die rug elke goddelike keer as iemand in ‘n vertek instap, kan ‘n lekker drinking game word. Dan is daar die main aartappel in die bike se kazozpyp – Clay Morrow (gespeel deur Ron Perlman), die president van SAMCRO (The Sons of Anarchy Motorcycle Club Redwood Original) wat kak sad is omdat sy biker dae getel is vanweë sy degeneratiewe arthritis. Op ‘n stadium raak dit so dramaties dat Jax arme stiefpappa, Clay, se hande moet vasbind aan die bike handlebars. Bra, as jy nog kan suip en naai, kan jy bike ry. Totes hillairs.
Vinnge fact: Ron Perlman is nie ‘n natural biker nie. Hy was aanvankik skeitbang vir sy Harley Davidson en dit het hom ‘n rukkie geneem om aan sy ysterperd gewoond te raak. In fact, hy moes lesse kry. Voor SOA was hy nog nooit op ‘n bike gewees nie en hy het ook fokol van biker culture geweet nie.

So hoe vergelyk die twee boetiereekse met dieslfde pappa?

In Sons Of Anarchy is die bikers van SAMCRO almal small town tjommies sedert hulle kinderjare wat nou die dorp, Charming, uit die kake van die korporatiewe leeu wil hou, met voorbedagte rade om eintlik hulle wettige sowel as onwettige besighede te bedryf sonder dat die suits inmeng. Besighede soos wapensmokkel en pornografie. Guns en tiete. Hulle het ook die polisie in hulle pocket. Hulle klink baie cooler as die Guptas. Maybe as Tony en Rajesh scooters gehad het…
Die dorpsbewoners vrees die bende maar vertrou hulle in ‘n manier terselfdetyd. Dis soms gerieflik om hand-om-die-blaas met die duiwel te wees.

Daar is konlifk met die naburige biker clubs, kriminele organisasies sowel as kak en drama binne die mure van SAMCRO self. Dik power struggle vibes. Almal veg vir hulle hulle plekkie op die kruin van die biker ashoop, maar meestal draai die aandag na Jax, wat ‘n klomp kak moet juggle en met die gevolge moet lewe.

Daar is growwe aksie, daar is genoeg anti-helde om jou persoonlike gunsteling te kies en die karakaters is voldoende afgerond. Dis ‘n show wat jy full throttle kan klap, ten spyte van die cheese wat soms opgedis word.

Mayans M.C. aan die ander kant, speel af in ‘n post-Jax Teller era, min of meer twee-en-‘n half jaar na die laaste SOA-reeks. Daar is sommer dadelik ‘n verwysing na SOA met ‘n shot van ‘n dooie kraai in die pad (Sam/Cro, anyone?) met ‘n aasvoël wat in sy karkas rondpik. Die main peanut in die Mayans-pakkie is Ezekiel ‘EZ’ Reyes – ‘n voormalige goeie seun wat pas uit die tjoekie vrygelaat is. Basically Jax se eweknie. EZ is ook ‘n prospect met ‘n bloedbroer in die club asook ‘n ex girlfriend iewers in die mix vir hy hy nog ‘n vet boner het (daar lui ‘n klokkie). EZ het agt jaar tronkstraf uitgedien omdat hy ‘n “dirty” cop onder die kluite gesit het. Background. Check.

In SOA het die ouens rollies gesmokkel. In Mayans is dit dugs. Die Hogs in SOA is nice, maar hulle cruise met daai flat t-style handle bards en in retrospek is dit nogal douche-agtig. In Mayans rol die ouens met daai aaphanger bike handle bars en dit lyk vir my baie cooler. Dit mag dalk vir Vereeniging in my wees. Zef, dog stylvol. ‘EZ Reyes van Mayans is vir my ‘n rustiger prospect as wat Jax was. Hy kom meer calculated en beheersd voor. Mayans het nie nodig om te veel op SOA te steun nie. Daar is wel verwysings na SOA maar beide biker dramas fokus gelukkig op hulle eie storielyne wat dit piele maak.

As ‘n final verdict sal ek reken dat SOA dalk meer tegnies afgerond is maar ek kry nogal die gevoel dat Mayans die potensiaal het om in ‘n beter kwalitiet show as SOA te ontwikkel. Vir die virgins – ek dink nie jy het nodig om eerste SOA te kyk nie, maar as jy nog nie het nie, en jy is heavy into biking, bikers en biker culture, gaan jy beide shows fokken erg geniet. Al sewe seasons van Sons Of Anarchy is beskikbaar op Showmax en beide die eerste twee reekse van Mayans M.C. is ook daar vir jou streaming pleasure. Jy kan die 14-dae free Showmax trial klap om dit en nog baie meer uit te check.

Hierdie post is 6 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 35,619 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffinWie sal arm wrestling wen tussen Mayans M.C. en Sons Of Anarchy?

Gooi Comment