Saffas in Londen – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffin en Chopper CharlieRek jou bek

em>Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.

Saffas in Londen
Vervelige en verveelde skoolverlaters se idee van diensplig is om direk na hul Plett-matriekvakansie ‘n lyn te sny Londen toe om vir twee jaar te gaan werk of “hulle voete te vind”. Gewoonlik onder inne paaint.
Hierdie mamma se kindertjies gaan doen dan al die stront jobs wat die geeltand Britte hulle neuse voor optrek. Hulle wil “die wêreld” beleef (dis nou Londen se pub scene) en “kyk wat hulle wil doen” (‘n waiter wees en baie suip).
Na twee jaar keer hulle met ‘n paar duisend rand terug en gaan werk in die Spur. Sommiges sien die lig, gaan swot ingenieurswese en skop na twee jaar op.
Soveel vir internasionale experience.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.


Place your ad here

Hierdie post is 9 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 35,603 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffin en Chopper CharlieSaffas in Londen – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

Gooi Comment