Roomyskarretjies se deuntjies – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffin en Chopper CharlieRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.

Roomyskarretjies se deuntjies
Baie creepy. Dis altyd ‘n trekkerige herhaling van ‘n wysie wat skaars bo die ou Volkswagen kombi se oop enjin aan die agterkant hoorbaar is. ‘n Klankteken vir kinders om roekeloos oor die pad te hardloop sonder om links, regs en weer links te kyk, want daar is roomys aan die einde van daai wysie. Duur roomys en ‘n gekroek met die kleingeld as jy nie iemand bo negejarige ouderdom saam met jou neem nie.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.


Place your ad here

Hierdie post is 2 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 35,603 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffin en Chopper CharlieRoomyskarretjies se deuntjies – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

Gooi Comment