Restauranttoilette – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffin en Chopper CharlieRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.

Restauranttoilette
Jy het klaar gevreet el wat wat oorbly is die laaste paar drankies en Irish koffie voor jy die rekening plus tien persent aan die kelner, wat elke vyf minute kom vra het of alles nog orraait is, moet oorhandig. Maar eers moet jy die bruin beertjies gaan aflaai en jou handjies was.
Daar gekom, staan jy voor twee keuses: links of regs. Op die linkerkantse deur is daar een of ander moderne, gepoleerde staalfiguur wat so abstrak is dat jy nie kan uitmaak wat dit is nie, en op die regterkantse deur is daar een of ander moderne gepoleerde staalfiguur wat so abstrak is dat jy nie kan uitmaak wat dit is nie. Party plekke probeer snaaks wees soos om bordjies met “Onderwysers” en “Sonderwysers” op die deure aan te bring. Wat probeer hulle doen? Poog hulle om simpel mense in hulle broeke te laat pis? Wat het geword van gewone mannetjies en vroutjies?
Die enigste manier om vir seker te weet is om maar ‘n deur te kies en jou ding te gaan doen. As jy gelukkig is, is daar uninals waar jy langs iemand kan gaan staan en pielgroottes vergelyk. Dan weet jy ten minste jy’s in die regte plek. Of jy kan per ongeluk by die dames kamerverlaat inloop op ‘n vrou wat besig is om haar dogtertjie te help, en vir die res van die aand skuldig voel.
Aan alle restauranteienaars: Dis ‘n toilet, for fuck’s sake. Ek wil net pis, my rekening betaal en loop. Ek wil nie die keuse van ‘n halwe spoel of ‘n vol spoel vir strale op stywes hê nie. Hou ook asseblief die die plek skoon, maak seker julle deure kan in fact toemaak en hou hou maar die boudservette stock hoog. Ons werk met kos hier, ouens.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.


Place your ad here

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffin en Chopper CharlieRestauranttoilette – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

Gooi Comment