Melk die Heilige Bokke! Fok, hier kom die final!

In Sport deur Kaptein Kortbroek2 Eiertjies

Ons land het hierdie World Cup dringend nodig want ons almal weet mos nou al teen die tyd dat alles net eenvoudig reg sal begin werk as hulle die beker huis toe bring. Die oomblik wanneer Siya die beker vir Cyril aangee, drop die crime rate met 60%. Fokkit boys, ons sit moerse pressure op ‘n groep manne wat eintlik net next level rugbyvoetbal speel. Eerlikwaar, dit maak my bang om te dink dat daar meer waarde aan sportshelde geheg word as dit wat die Gereformeerde Blues Band (hulle het net laasweek ‘n befokte 30 jaar reunion show saam met die Wasgoedlyn gehad) byvoorbeeld al vir ons land beteken het…

Wen ons die World Cup, gaan dit beslis vir ‘n rukkie voorkom of alles beter is, dat vrouens weer veilig kan voel, dat ons nie ons deure hoef te sluit of battery packs charge vir wanneer die Prince of Darkness weer besluit om die ligte af te sit nie.
Om Bacchus te quote: “Maar soos in die lewe is alles hier net tydelik, jy’s opsoek na liefde, maar lus sal alles opfok.”
Die regering se korrupsielus is sterker as ooit en moenie vir ‘n oomblik dink die All Blacks se burgemeester worry te veel oor die semi wat hulle teen Engeland verloor het nie. Die bra weet dat Suid-Afrikaners steeds in troppe na Kiwicountry sal trek om beter lewens bou. Dit gaan nie verander nie – ons land is vir alle praktiese doeleindes moertoe. En yes, dit is lekker om die bors te klop en te tune #ImStaying – maar seriously, jou lus om te bly verander die oomblik wat jy (soos wat met my buddy James die week gebeur het) met ‘n gebreekte Black Label quart gesteek word. Bly jy het dit oorleef, James! Ek’s jammer as ek nie op hierdie “Sport has the ability to unite us” bandwagon spring nie, want as ons mooi na die World Cup gaan kyk en al die sideshows (Total Sports) in ag neem, is sport ook een van die groot sondebokke wat ons as ‘n nasie divide.

Terug na die rappie.
Marius, eienaar van die Karoo Saloon wat tydens die final ook verjaar, het my oor die laaste paar weke “The Oracle” begin noem. Ja dit is moer cool om reg te raai. Dit is asof ek al die games in ‘n kristalbal gekyk het. Ons het gaan check en ek het sowat 86% van die uitslae in die World Cup reg gehad! Fokken genius, pappa? Nie regtig nie – al wat ek gedoen het was om ‘n paar woorde uit Deon Maas se boek ‘Melk die Heilige Koeie’ toe te pas. Wat weet Deon van rugby af? Wel, dalk bietjie minder as wat hy van musiek af weet. In die boek verwys hy na Louis de Villiers as “die enigste Suid-Afrikaanse rugbyskrywer wat nog ooit saak gemaak het”. Dit is dalk die waarste woorde wat ek nog ooit gelees het en dit was om hierdie rede wat ek voordat die show in Japan begin het, ‘n lekker lang gesprek met Louis gehad het. Hy het my vertel dat hy geen twyfel in Rassie het nie en dat daar probably net twee spanne is wat daartoe instaat is om die All Blacks te breek. Die res is geskiedenis en hier sit ons nou op die vooraand van ‘n World Cup final! Ek moet bieg, selfs met al die politiek wat sy kop uitsteek bly dit ‘n befokte gevoel!

World Cup Final Prediction: England v South Africa 2 November (11:00)
My bucks was van die begin af op die Bokke, maar in betting circles (loop sit jou zak waar jou bek of jou hart is daar by Sunbet) is die odds solid op Engeland om die proverbial pyp te rook. Dit maak sin. Ons het gesien hoe hulle die All Blacks verneder het en ons weet as hulle dieselfde doepa teen die Bokke toepas, dat die kanse goed is dat ons agter die pale gaan tjank. Wat vir my in daardie semifinal uitgestaan het, was die two-man tackles wat hulle uitgevoer het. Een pommie defender het old-school vir die enkels gegaan terwyl sy tjomma die All Black verhoed het om te off-load. Dit was genius, pappa! En yes, Eddie Jones is ‘n genius en een van sy slimste moves was om John Mitchell as die span se defence coach aan te stel.

Glo dit as jy wil, maar ek het ‘n seisoen of vier saam met Mitch gewerk toe hy die Lions afgerig het. Hy het toe reeds my straight getune dat hy graag weer op internasionale vlak wil coach. Hy was selfs lus om by die Bokke betrokke te raak. Sy defence playbook is steeds by Ellis Park en word vandag nog toegepas. Die bra het ‘n klomp sukkelaars in mekaar laat glo. Hy het ‘n brotherhood geskep en ironies genoeg het dieselfde brotherhood eventually hulle moer vir hom gestrip. Hy het meer vir SA Rugby beteken as wat enige van ons ringkoppe ooit eerlik sal erken.

Mitch se teenwoordigheid in Engeland se coaching setup laat my heavy worry. Sy kennis oor elke speler in ons span is next level – daar is net eenvoudig nie ‘n ander afrigter wat so baie van ons manne se mindsets af weet nie. Hy weet wat ons sleutelspelers vir breakfast eet en het selfs van hulle al ‘n trick of drie geleer. Hy is ‘n 007 wat vir vyf-jaar hier onder ons neuse ge-spy het. Ons het hom selfs ‘n vet pay check gegee om dit te doen.
#SulkeEnablers
Mitch is die meester van mind games en indien ons nie die final wen nie, kan ons gerus die SA rugbybase bedank dat hulle hom en Jones deur hul vingers laat glip het. Dan het Jones ook vision coach, Dr Sherylle Calder ingetrek. Nog ‘n genius move. Wen die Britte, word sy die eerste persoon (male or female) om drie World Cup gold medals in te palm. Lees daardie een weer, manne. En laat dit insink…

Ja die odds is solid in Engeland se guns…

MAAR – en hierdie is ‘n lekker een – dit wil voorkom of ons puntemasjien sy beste vir laaste hou. Pollard se World Cup voor die semifinal was average at best. Die klong het gesukkel, maar het sieklik by die party opgedaag. Dankie tog! Rassie is ook nie ‘n aap nie. Ek onthou hoe hy as Stormers coach eenkeer ‘n Bulspan wat nog ysters soos Victor en Bakkies in gehad het, se gatte op Loftus geskop het. Sy taktiek op die dag was om (ons sien dit ook weer in hierdie World Cup) so min balbesit as moontlik te hê. Dit was ‘n boring game, maar ‘n stroke of genius onder die omstandighede.

Hy het nouwel bevestig dat die final sy laaste game as hoofafrigter gaan wees en dit was great om te sien dat dit vir Rassie nie oor ras gegaan het nie. Hy het sy vertroue in ‘n Francois Pienaar-tipe kaptein geplaas (Siya is dalk nie die beste ses-flank nie, maar het homself as die beste leier bewys) en vir die eerste keer in jare het ander spanne weer ons physicality begin respekteer. Rassie was ook gelukkig dat ons games van so aard was dat hy nie al sy kaarte hoef te gespeel het nie. Ek skiem ons het dus ‘n ace wat Saterdag ‘n verskil kan maak.

My prediction: Frans Steyn (die legend) klits ‘n 65m penalty in die 73ste minuut en ons wen die game 18-16.

PS: Bra Lou – met die skrywe van hierdie, wonder ek hoe dit sou gewees het as ons wel tydens die World Cup ‘n hotelkamer of drie in Tokyo annekseer het. Wat ek wel weet is dat ek binnekort jou nuwe spot gaan kom uit check, met of sonder Donaldson se toestemming.

Wat skiem jy, ou perd? Drop jou predictions in die comments, laat ons kyk hoe draai dinge uit? Weereens soos hierbo genoem: indien jy geld wil sit op so paar Rugby World Cup games, kan jy dit by sunbet.co.za doen. As jy egter nie die pitte het of dit nie kan bekostig om te dobbel nie, moet jy nie dobbel nie. As jy ‘n probleem met sport’s betting het, kontak asseblief Responsible Gambling . 
Hierdie post is 130 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 35,634 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
Kaptein KortbroekMelk die Heilige Bokke! Fok, hier kom die final!

Comments

  1. Louis de Villiers

    Dankie vir die shoutout, Kaptein; my pozzie is gegear vir jul kuier. ‘n Kalf sal gefokken mes word!

Gooi Comment