Dan Roodt – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffin en Chopper CharlieRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.

Dan Roodt
Dan Roodt is een van daai Afrikaners wat deur gebroke akademiese redenering ‘n naam probeer maak as beskermer van die Afrikaanse taal en kultuur. ‘n Rol wat hy heeltemal vir homself toegeëien het, dalk een Kersfees toe sy Kerskous besonder skraal was.
Want, en hiervan is ek seker, ou Dan het liefde nodig. Sommer baie.
Op sy kwasi-intellektuele website, PRAAG, het dowwe Dan dit oor ‘n hele spul “taboe” vraagstukke. Een van die artikels vra byvoorbeeld of “Suid-Afrika ooit weer ‘n Afrikanerstaat kan word”. Nou enigiemand met ‘n greintjie verstand sal hierdie onmiddelik herken as ‘n tos vraag en nie ‘n taboe-vraag nie. Tos vraag.  Dan. Tos vraag.
Sy oplossing is egter die clincher. Dan het sulke kleurvolle oplossings, soos om al die Tswanas in Suid-Afrika na Botswana toe te sluif, sodat daar meer plek is. In ruil betaal ons die Tswanas so paar sent om te waai. Bwhaaaa-hahahaha… om weer die land oor te neem – ten koste van die “swartes”. Jy weet, hulle is bietjie meer as ons en was eerste hier en die land behoort aan hulle en so aan. Klein struikelblokkies, maar hy sien wel lig aan die einde van die tonnel.
Ons eie Boere-filosoof gaan dan sover – kry gou asem terug na lagbui – om Antarktika as nuwe tuisland te oorweeg, maar keur dit dan weer af: Eerstens oor die wêreld ooreengekom het om dit as navorsingstasie te deel. Tweedens omdat dit snerpend koud en nogal onleefbaar is. Wham! Hoe’s dit vir ‘n argument?
Bly seker Afrikaners (rock spiders) regtig onder klippe? Wat de fok maak mens met sulke mense?
Wel, dis maklik. jy vra hulle om Antarktika toe te trek en jy betaal hulle ‘n paar sente. Daar is mos donners baie plek. Net soos in Botswana.
En die beste van alles? Dis heeltemal wit daar.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.


Place your ad here

Share dit faktap
  •  
  • 2
  •  
  •  
  •  
  •  
    2
    Shares
  •  
    2
    Shares
  •  
  • 2
  •  
  •  
  •  
griffin en Chopper CharlieDan Roodt – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

Gooi Comment