Sit maar jou bucks op die Bokke vir die Rugby World Cup in Japan, my bra!

In Sport deur Kaptein Kortbroek2 Eiertjies

Net gister het een van daardie standaard laerskoollatte – ja daai wat alewig op een of ander fokken toer gaan – my oortuig om ‘n loodjie vir Saterdag se World Cup game teen die All Blacks te koop: “Middag oom, as oom die telling regraai kan oom ‘n bottel Johnny Walker Black Label wen”
Ek was like: “my donner, Russel, julle was net laasweek in Pofadder vir tafeltennis of skaak of kakpraat. Julle is meer op toer as in die klas!”
Die klein etter het die skille met ‘n smile gevat, maar hy was so bietjie boos toe hy my score prediction kokkenotch:
“Nooit oom, jy skiem die All Blacks gaan die game met vier punte wen? Is jy dan nie trots op die Bokke nie? Hulle het dan nounet die Rugby Championship gewen?”

Check, ek was fokkol lus om die res van my middag met die snotmonstertjie te spandeer nie, maar ek het aan hom verduidelik dat ek ‘n whiskey amper so baie soos ‘n yskoue brannas like en dat die enigste Black Label wat ek kan bekostig in ‘n sixpack of krat verkoop word. Die klein marabs van Asbokfontein verstaan egter nou dat dit belangrik is om jou gevoellens by die huis te los as dit by weddenskappe kom.

So ja, hier sit ons weer op die vooraand van ‘n Rugby World Cup en alhoewel my lojaliteit altyd by die bokke sal wees, reken ek as ons een game kan ofmag verloor, is dit probably die eerste een. Nul Japan vibes soos in 2015 nie, manne! Assefokkenblieftog! In World Cups gaan dit mos oor daardie drie knock-out games. En yes, al die pundits reken die Bokke is een van about twee spanne wat actually ‘n kans het om die All Blacks in ‘n final te klop – die ander een is Engeland. Ek stem saam en wanneer ons in die final jol, sal my geldjies op die Bokke wees. Belowe!

Ons het die diepte, ons het ‘n coach wat dit reg kon kry om in ‘n moerse kort tydjie sy troepe weer broers te maak. Die manne sal bullets vir mekaar vat. En dan het ons ook genoeg ysters in ons groep wat oor die x-faktor beskik. Die resep om die toernooi te wen is daar; al wat ons nodig het is dat die bal so een of twee keer in ons favour bounce.

Vir die manne wat nie aan Laerskool Asbokfontein se rugbyraai kon deelneem nie is daar ‘n online opsie wat befok lekker werk: www.sunbet.co.za – ek gaan ‘n paar rande op dit spandeer want as ek wen, kan ek koop net waddefok ek wil.
My predictions vir die eerste twee weke vir so paar geselekteerde games is as volg:

Vrydag, 20 September
Japan v Russia (12:45)
Japan het al teen die Bokke gewen (ons is nou nog fokken skaam daaroor) en behoort hierdie eerste uitstappe met so 14 punte te wen. Go, Lappies! Jou yster!

Saterdag, 21 September
Australia v Fiji  (06:45)
As dit ‘n potjie Sevens was, miskien, maar dit is nie, so Fiji sal vir so 50-minutes dalk in die game wees voor die Aussies die deal doen. Ek gee die skaap lovers ‘n wen met so 17 punte.

France v Argentina (09:15)
Frankryk vlieg weer so laag onder die radar, hulle mag dalk net iewers in die toernooi ‘n haas of ‘n parrabeen of iets uit die hoed uit trek en een van die groot ysters se drome verwoes. Ek twyfel egter dat dit dié week gaan gebeur. Pumas met so 9 punte, pappie!

New Zealand v South Africa (11:45)
Om in die eerste game te peak is ‘n kak idee. Kom ons sorg eerder dat ons ons beste los vir wanneer dit saak maak. Die All Blacks voer beslis iets dieper in die mou hierdie keer en Saterdag sal ‘n goeie aanduiding wees van wat ons in die knock-out stages kan verwag. Die defending champs met vier, nes ek aan die skoollaaitie verduidelik het.

Sondag, 22 September
Italy v Namibia (07:15)
Sedert Nick Mallet hulle nie meer die woestyn se coach nie, is daar weer tekens van lewe. Ek sal like om te sien dat Namibië ietsie wen, maar dit behoort nie dié match te wees nie. Italië met so 13 punte.

Ireland v Scotland (09:45)
Volgens die IRB is Ierland die beste span in die heelal op die oomblik. Die Skotte behoort dit ook so te ervaar. Ek gaan nog baie zak op my tweede gunsteling groen span sit. Ireland vir ‘n wen met 12 punte!

England v Tonga (12:15)
Dié een is so voorspelbaar soos ‘n AfriForum press release. Die Britte met 25.

Maandag, 23 September
Wales v Georgia (12:15)
Dié een is so voorspelbaar soos ‘n 7de Laan episode. Wallis met 36.

Dinsdag, 24 September
Russia v Samoa (12:15)
Samoa behoort hierdie game gemaklik af te vat. Ek gaan hulle met so 16 punte back!

Woensdag, 25 September
Fiji v Uruguay (07:15)
Nog ‘n “miss” match. Stream hom sommer uit jou bed uit. Fiji met so 22.

Donderdag, 26 September
Italy v Canada (09:45)
Waar is James Dalton deesdae? Sal ons ooit vergeet hoe hy vir Rod Snow in 1995 gemoer het? Kanada gaan dalk gemoer word hierso. Ek skiem met so 15 punte.

Saterdag, 28 September
Japan v Ireland (09:15)
Nog ‘n obvious wenner hier. Dit is nou nie asof Ierland se coach ‘n Meyer is nie… ek gee die beste span in die heelal so 18 punte hier.

South Africa v Namibia (11:45)
Ons bure het ten minste nie besluit om Peter de Villiers hulle coach te maak nie. Dit kan ‘n lekker game wees, maar die Bokke gaan hom vat met so 26.

Sondag, 29 September
Georgia v Uruguay (07:15)
Mag dalk ‘n close een wees. My gut skiem Uruguay met so 7.

Australia v Wales (09:45)
Baie ouens reken Wallis het genoeg woema om die World Cup te wen. Vir my word daar dalk te min oor die Wallabies gepraat op die stadium. Hierdie behoort ‘n moerse close game te wees. Ek gaan ‘n kans vat en Wallis met so 4 punte back?

Maandag, 30 September
Scotland v Samoa (12:15)
Die Scotte mag dalk ‘n paar einas kry in die enetjie. Somoa is nie van marshmallows gemaak nie…

Wat skiem jy, ou perd? Drop jou predictions in die comments, laat ons kyk hoe draai dinge uit? Weereens soos hierbo genoem: indien jy geld wil sit op so paar Rugby World Cup games kan jy dit by sunbet.co.za doen. As jy egter nie die pitte het of dit nie kan bekostig om te dobbel nie, moet jy nie dobbel nie. As jy ‘n probleem met sport’s betting het, kontak asseblief Responsible Gambling .

 

Share dit faktap
  • 36
  • 12
  • 9
  •  
  •  
  •  
    57
    Shares
  •  
    9
    Shares
  •  
  • 1
  • 8
  •  
  •  
Kaptein KortbroekSit maar jou bucks op die Bokke vir die Rugby World Cup in Japan, my bra!

Comments

  1. Stix

    Het self net net meer as wat jy sal betaal vir ‘n in-tree-klas Irish whisky in ‘n bet gesit om die RWC vir myself bietjie interesant te maak. Ek het besluit op ‘n combination bet vir Nick DIaz om sy fight te wen in UFC 244 en dan die bokke om die RWC te wen. As dinge goed gaan sal ek amper my kind se skoolgeld vir ‘n maand kan betaal met die wen-geld.

Gooi Comment