Pryse in Kaapstad – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffin en Chopper CharlieRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.

Pryse in Kaapstad
Mens kan dit seker op toeriste blameer, alhoewel toeriste nie pryse vasstel nie. Nee wat, dis ons eie landgenote wat maak dat ‘n ou omtrent ‘n swart American Express-kaart nodig het om ontby in Kampsbaai te kan bekostig. Die bliksems behoort hulself te skaam.
Die enigste produk wat jy deesdae net goedkoper in die Kaap kan kry is tik. Andersins is alles duurder, evral in seisoen. Alles wat in die hawe land moer seker maar eers Johannesburg toe gevlieg word en dan weer met trokke afgery word Kaap toe. En almal weet hoe duur petrol is.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffin en Chopper CharliePryse in Kaapstad – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

Gooi Comment