Protesaksie as ‘n verskoning om kak te maak – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffinRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.

Protesaksie as ‘n verskoning om kak te maak
Die petrolprys styf met 60 sent ‘n liter. Uit protes vaar mense die strate in en breek winkelvensters en steel soveel as wat hulle kan wegdra. Rentekoerse gaan op en munisipale vullisverwyderaars gooi alles in die strate uit en stop basiese noodsaaklike dienste. Strate word ashope en dit kos duisende rand om die skade reg te maak. Belastingbetalers betaal letterlik vir die gemors.
Cosatu, wat gewoonlik die voorbok is, belowe plegtig dat die vreedsame protesaksie onder beheer sal wees. Intimidasie? Nee, hulle weet nie wat dit is nie. Alles is nca! Die belofte word dan gevolg deur ‘n verskoning as als toe nou nie so glad verloop het nie en ‘n plegtige onderneming dat gevalle van intimidasie en geweld dringend ondersoek word. Wat ook nie gebeur nie. Protesaksie teen enigiets kos geld, wat die alledaagse lewe duurder maak, wat protesaksie uitlok, wat geld kos, wat die alledaagse lewe duurder maak, wat protesaksie uitlok…
‘n Vuil, ronder sirkel.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinProtesaksie as ‘n verskoning om kak te maak – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

Gooi Comment