Moderne Dylan vibes met Passenger se Sometimes It’s Something, Sometimes It’s Nothing

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Ek gaan vandag fokus op ‘n baie spesifieke klank – a desolate folk sound within the broader sad folk sound, of so iets. Ek sal my bes probeer om nie te oorvereenvoudig nie…

Dylan het dit seker maar famous gemaak met van sy eerste werke in die early sixties. Authentic acoustic tunes, real lirieke, dik melankoliese vibe. Hy het dit ook maar by die ou blues legends geleer (Robert Johnson, Lead Belly en so) maar van daar af het dit in verskillende vertakkinge ontwikkel in die seventies, amper uitgesterf in die eighties en in die nineties het die platemaatskappye en MTV ‘n bietjie daarvan weer saam met grunge bemark.

Kaching! Ou Mammon! Wie het die klankknoppie waarvan ek praat meer na die kommersiële kant laat draai in die seventies? Maybe Cat Stevens? Don MacLean? John Denver? In die naughties het dit skaarser geraak op die charts. Artists soos Plain White T’s en Damien Rice het dit aan die lewe en populȇr help hou. Hey There Delilah is steeds ‘n beautiful song, nie waar nie?

Nou ja, deesdae kan jy hordes artists op Spotify raak stream wat sulke songs record maar dis nog steeds nie maklik om bo die clutter uit te styg nie. Ek was van plan om Passenger se 2018 album, Runaway te review omdat Liny Kruger die naam in ons ore gefluister het. Dié album het ‘n voller band sound en alhoewel dit nie te bad is nie, het ek nog so bietjie verder rondgesnuffel en afgekom kom op die nuutste offering van Passenger wat in Maart hierdie jaar uitgereik is. Sometimes It’s Something, Sometimes It’s Nothing. En daar haak my brein in trurat vas en dis nou net waar ek al die boegenoemde konneksies kon maak al die pad terug na Dylan se Freewheelin’ album toe (circa 1963).

Passenger gebruik nou nie daai bekfluitjie nie maar moenie twee keer dink nie – dis orraait, hoor? Want Passenger het ‘n String Quartet. So saam met die akoestiese kitaar onderstreep dit Michael David Rosenberg se unieke stem. Jis, dis ‘n verskriklike mooi offering hierdie. Die band Passenger is mos eintlik lankal nie meer nie en Michael tree al vir klomp jare solo op en gebruik net Passenger as verhoognaam. Dis meer vir die breër mark, so die vorige materiaal is nie iets wat ek normaalweg baie sou luister nie maar hierdie laaste ene is baie spesiaal. Selfs die cover van Bill Withers se Aint’ No Sunshine is befok.

Passenger kom SA toe later die jaar maar die shows is almal sold out, lyk dit my. Bummer! So as jy die trein gemis het, gooi maar hierdie album op die stroombaan. Draai die ligte bietjie af of steek ‘n kers aan. Skink ‘n ou ietsietjie. Jy gaan die songs Only Time en Paper Cut Chinese Burn ‘n paar keer op repeat moet gooi.

Snuggle op met liefie. Soos die weer nou lyk gaan almal sjerrie nodig hȇ in die Somer. #ClimateStrike #FridaysForFuture.

Hierdie post is 1 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 24,021 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
RolbeesModerne Dylan vibes met Passenger se Sometimes It’s Something, Sometimes It’s Nothing

Gooi Comment