Watkykjy gee 4 tickets weg na Saterdag se moerse #Fokofsweet16 party by Loftus!

In Kompetisie deur griffinRek jou bek

Ons het julle twee weke terug vertel van Fokofpolisiekar se Sweet Sixteen party wat by Loftus se D-veld plaasvind hierdie Saterdag.

‘n Vinnige opsomming om julle memories te refresh:

FOKOFPOLISIEKAR Sweet 16 Partytjie
Datum: Hierdie Saterdag, 13 Julie!
Plek: Loftus D Veld (Pretoria)
Deure maak oop: 11am
Vertoning begin: 12pm
Vertoning eindig: 7pm

Kaartjies: R195 by http://bit.ly/fokofsweet16
Facebook event page: https://www.facebook.com/events/2319865531595589/

Wat kan jy verwag

‘n 2-uur lange FOKOF shows soos nog nooit tevore
FOKOF songs wat jy jare laas live gehoor het
‘n Partytjiegees soos min! Die band gaan baie moeite insit om seker te maak die event is super spesiaal
Fuzigish en Hellcats om die partytjie mee af te skop
‘n Befokte wintersdag saam met befokte like-minded mense in ‘n veilige omgewing
Bekostigbare kaartjiepryse
Bekostigbare kroegpryse

Die ouens het sopas die kroegpryse bekendgemaak en dis heel fokken aanvaarbaar:

Ons gee vier single tickets weg na die party van die jaar en jy moet fokken spring as jy dit soek. Jy het net meer as ‘n dag om in te skryf! Dis fokken maklik om in te skryf, solank jy die stappe behoorlik volg:

Wat om te doen:

1) Vertel vir ons kortliks in ‘n paragraaf of twee hoekom jou eie sweet 16 verjaarsdagpartyjie ‘n reuse sukses of ‘n reuse fokop was.
2) Sluit ten minste een foto van jou sweet 16 party in saam met jou entry.
3) E-mail jou inkskrywing na griffin@watkykjy.co.za
4) Jy het tyd tot hierdie Vrydag, 12 Julie, tot en met 15:00 om jou inskrywing by ons uit te kry.
5) Die 4 wenners sal hulle kaartjies ongeveer 17:00 Vrydagmiddag per email ontvang.

Reëls:

1) Ons aanvaar inskrywings slegs per e-mail soos per die instruksies hierbo uiteengesit.
2) Met jou inkrywing gee jy ons die reg jou sweet16 storie en fotos publiseer op Watkykjy indien ons besluit om so te doen.
3) Ons kies die beste 4 inskrywings en hulle word per e-mail in kennis gestel. Die kaartjies word ook per email aan die wenners gestuur.
4) Indien daar geen goeie gehalte inskrywings is nie, sal ons besluit hoe om van die kaartjies ontslae te raak.
5) Slegs een inskrywing per persoon word toegelaat.

Mag die beste of die slegste sweet16 storie en kiekies wen!

Get cracking! Sien jou by die show! Kry jou tickets hier as jy nie die moeite wil doen om in te skryf nie
Kaartjies: R195 by http://bit.ly/fokofsweet16

griffinWatkykjy gee 4 tickets weg na Saterdag se moerse #Fokofsweet16 party by Loftus!

Gooi Comment