Opgemaakte name vir bekende paartjies – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffinRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.

Opgemaakte name vir bekende paartjies
Dit het alsd begin toe daai donnerse Ben Afleck en Jennifer Lopez deur patetiese celebrity joernaliste “Bennifer” gedooop is. Toe is dit Brangelina (vir Brad Pitt en Angelina Jolie), TomKat (vir Tom Cruise en Katie Holmes) en Slutienna (vir Sienna Miller). En ek’s seker ons kan nog ‘n hele klomp sulke aangeplakte naamsamestellings (namestellings?) verwag. Sug. Dis seker ook net ‘n kwessie van tyd voor die gier hier by ons posvat. Dink aan Joomor (vir Joost en Amor) of Leek (vir Danny K en Lee-Anne Liebenberg). Dis jammer Minki se man is nie meer bekend nie want Cinki of Conki rol dan so lekker van die tong af.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.


Place your ad here

griffinOpgemaakte name vir bekende paartjies – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

Gooi Comment