Fokofpolisiekar se sweet sixteen party by Loftus was fokken tit!

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Watkykjy is uitgenooi na Fokofpolisiekar se sestiende verjaardag die afgelope Saterdag en was dit nou vir jou nie ‘n spoggeleentheid met allerlei prag en praal nie? Soveel aangesiene en belangrike mense wat hulle verskyning gemaak het, né? Dit was nou die plek om gesien te word. Waar het hierdie helde in elegante gewaad opgetree voor duisende aanhangers? Wel, dit het plaasgevind daar waarheen al die dose gaan: Loftus Versveld.
*Harde naald wat plaat krap geluid*
Ek praat sommer kak, dit was ‘n rock and roll party. ‘n Moerse een. ‘n Onvergeetlike dronknesgemaal met harde negatiewe musiek en hulle mede-rampokkers, Hellcats en Fuzigish wat die onverskrokke, lojale aanhangers voor die tyd voorberei het vir die hoofbende van die dag. Maar wag, kom ons staan vir ‘n oomblik stil en dink ‘n bietjie terug. Waar was jy toe jy Fokofpolisiekar die eerste keer gehoor het? Live of op die draadloos? Dink mooi.
Ek kan presies onthou waar ek was. Dit was in my kar tydens etenstyd by die werk. 2004. Ja, ek het weer iewers op ‘n stil plek gestop, my drive-through take aways gesit en vreet en uitgesien na bietjie tunes, maar op hierdie spesifieke dag het ek my nuwe Fokofpolisiekar CD in die front loader gelaai en …holy fokken shit! Vir die eerste keer sedert Voëlvry, Goosen, Valiant, Piet/Jack Hammer en Springbok Nude Girls kon ek weer ‘n rigtingverandering voel aankom. Ek kon obviously nie die omvang van die monster waarin dit alles uiteindelik sou muteer imagine nie, maar ek het geweet dit gaan baie mense die bliksem in maak. Dis meestal ‘n goeie ding in ons land. Lees daai stelling maar in die regte konteks.
Die Bellville-hamels se oorspronklike mengsel van punk en metal het na ‘n hele paar jaar ‘n genre opsigself geword. Deesdae is Fokofpolisiekar ook nie meer die anti-heroes wat hulle was nie. Hulle is nou meer van ‘n norm. Nie heeltemaal mainstream nie maar wel ‘n volwasse franchise. Gebore uit onafhanklikheid en kontroversie. Dis hoe mens help om ‘n groot aantal mense in ‘n eng samelewing se denkwyse te verander. Jy forseer hulle met jou musiek en jy kyk ook hoe ver jy die geduld van fundamentaliste kan druk. Nie net hulle kinders nie. Don Cobra sien hulle musiek as volksliedjies. Afrikaanse rocklirieke wat nou sestien jaar later in die volksmond verewig is. Ek dink nie hy is ver verkeerd nie. Die omvang van Fokofpolisekar se aanslag is verreikend wat veral Afrikaansprekende aanhangers aanbetref maar hulle musiek vind nie uitsluitlik aanklank by Afrikaanses nie. Enige iemand wat die taal verstaan en van goeie rockmusiek hou, behoort at least van die rebelse konsep te hou asook van ‘n groot klomp songs in hulle ongelooflike discography.  baie mense van verskilliende kulture gaan na hulle konserte toe sonder die kak en drama wat jy op social media sien deesdae. Daar sal seker uitsonderings wees maar dan weet ek nie daarvan nie.
Ek het obviously die lang set geniet Saterdag maar hierdie keer was my aandag baie meer op die mense onder op die rugbyveld. Wie weet presies hoekom nou juis die kombinasie van al die lede van Fokofpolisiekar dit kon regkry om so baie uiteenlopende aanhangers se belangstelling en, wel, hulle aanbidding te behou oor die jare? Talent, harde werk en volharding is ‘n given. Maar dis nie al rede nie. Hulle moes iewers ‘n baie rare onderaardse musiek-aar raakgeboor het. Die samekoms van al die verskillende elemente om ‘n rockgroep so gewild te hou fassineer my in rock and roll. Meestal sal mense praat van “the planets just aligned”. Baie soortgeluk as met oorsese groepe soos Iron Maiden, word ouer en jonger generasies ingetrek as aanhangers by die Fokof-beweging. Een van ons tjommies wat ‘n befokte jeanpantjacket met backpatches gedra het is genader deur ‘n bloedjong girl wat omtrent sestien gelyk het, net om ‘n selfie van sy cool look saam met haar te neem. In die eighties was ons verstoot deur kerk, skool en taal – sou ons dit durf waag om sulke battle jackets te dra. Ons het anyway. Is dit nou uiteindelik tit of wat? Vreemd.
Die veld was vol jonges, langes, kortes, wyes, skrales, mooies, minder mooies, stylvolles, zefstes, coolstes, poppies, tertjies, koeke, oupies en oumies. Baie aanhangers dra Fokof merch en die gedagte dat daar dalk nie weer so ‘n groep gaan wees wat so baie invloed gaan uitoefen op so ‘n groot deel van die Afrikaanse samelewing nie, het nogal ‘n paar keer opgekom by my. Wie gaan die volgende miljoenrand groep wees? Fokofpolisekar doen nog elke maand ‘n show en vir solank as moontlik moet ons bly wees dat die interaksie tussen hulle en so baie aanhangers nog daar is en steeds groei.

Die volgende rigtingverandering is baie soos die volgende stockmarket crash. Niemand weet wanneer dit gaan gebeur nie en bittermin mense gaan dit sien kom. Ek dink Francois, Wynand, Hunter, Johnny en Snake sal maar net te bly wees om die fakkel aan te gee vir ‘n waardige jonger generasie bende wanneer die tyd ditself present.

Veels geluk liewe Fokof omdat julle verjaar het! Mag die Jirre julle see-hëen en nog naie jare spaaaaaaaar!

Hiep-hiep! Hooraay!
Hiep-hiep! Hooraay!

Nog ‘n piep?

PS: Baie dankie aan Marina Maré vir die gebruik van haar absolute befokte fotos. Gaan like gerus haar page op Facbeook!

Hier is ‘n vinnige rowwe edit van die crowd. Tag jou tjommies op Facebook:

RolbeesFokofpolisiekar se sweet sixteen party by Loftus was fokken tit!

Gooi Comment