Wat is my fokken naam? Muhammad Ali het almal getune.

In Movies en TV deur griffinRek jou bek

Dis nogal weird – een van die heel eerste stories ooit op Watkykjy (as dit nie die heel eerste een was nie) was oor boks gewees! Gerrie Coetzee was die main feature back then en vandag chat ons oor die heel beste bokser op aarde ooit (in sy eie woorde)…

Muhammad Ali was ‘n fokken strange cat gewees maar daar moet ook in dieselfde asem genoem word dat hy een van die grootste geeste ooit in sport was en dat hy  gerken word as een van die beste boksers in die twintigste eeu. Hy is gebore as Cassius Marcellus Clay (wat ‘n fokken cool naam, right?) en het reeds op twaalfjarige ouderdom die appels begin swaai met training en het op agtienjarige ouderdom ‘n goue medalje losgeslaan by die 1960 Summer Olympics. Interesting fact: as 18 maande oue baba het Cassius Clay reeds een van sy ma se tande uitgebliksem!
#alibaba

‘n Ongeligte persoon sou dink dink dat Ali se banter nogal doserige gedrag is. Check hierdie quote deur die man homself byvoorbeeld:

“I am the greatest! I’m the greatest thing that ever lived. I don’t have a mark on my face, and I upset Sonny Liston, and I just turned twenty-two years old. I must be the greatest!”

So bek kort ‘n PK, right? Ek was self vir jare lank onder die indruk dat Ali nogal ‘n braggerige kont was, maar het eers onlangs uitgevind dat sy uitdagende en vreemde gedrag in die kryt eintlik geïnspireer was deur professionele windgat en stoeier, “Gorgeous George” Wagner. Hierdie ou het moontlik ook die hele soap opera vibes van WWE ge-kickstart, want hy was die fokken koning van kakpraat en kakmaak. Die crowds het hom ge-fokken love met al hulle haat, as dit sin maak:


So dis alles tong-in-kies en vir show gewees, die kontroversie het beslis kaartjies verkoop en Ali het deur Gorgeous George ‘n baie groot besigheidsles geleer: die kakprater is die zakmaker. But you need to back that up wiff your vuiste, né? Want dis steeds boks en dis steeds ‘n gerespekteerde sport met reëls en shit, you know?

Dit gaan ook wel verder as net boks – Ali het actually ‘n komedie-album, I am The Greatest, vrygestel in Augustus 1963 – ses maande voordat hy die wêreld se swaargewigkampioenskap gewen het, sy bekering aan Islam bekend gemaak het en sy naam verander het na Muhammad Ali. Hierdie album het ook gehelp om Ali se reputasie te vestig as ‘n welsprekende en poëtiese “trash talker”, maar hier is die beste van alles – die album is ook geïdentifiseer as ‘n voorganger van rap-musiek en ‘n grondslag vir die hele hip-hop -en rap-beweging. Hoe befok is dit? Die rappers van vandag kan fokken dankbaar wees vir hierdie bra se bydrae en bietjie minder fokus op mumble-rap en gesigtattoos. Die track “Will The Real Sonny Liston Please Fall Down” word byvoorbeeld gereken die eerste rap battle track ooit! Nie net het hierdie album 500k albums verkoop nie, maar dit was ook vir ‘n Grammy genomineer. Dit is egter onttroon deur Allan Sherman’s se “Hello Muddah, Hello Fadduh”.  Steeds, glad nie kak vir ‘n “dom” bokser nie…

Muhammad Ali se oordrewe showmanship het ook gesorg vir die beste en mees attended boksgevegte ooit. Jy moet onthou dat hierdie fokken lank terug voor die internet was. Oor die legendary gevegte soos Rumble in The Jungle en The Trille in Manilla  kan daar ‘n boek of twee elk geskryf word. Gelukkig het HBO na vore getree en die beste boksdokumentêre film ooit vir ons opgedis:  What’s My Name: Muhammad Ali is ‘n dokkie deur Antoine Fuga wat die lewe van Muhammad Ali baie mooi opsom en ‘n hele klomp aspekte van Ali se lewe uitlig waarvan meeste van ons moontlik salig onbewus was. Daar is great footage van al die gevegte, die interviews, al die banter en al die fokken windgatgeit wat jy kan verwag. Ook slow-mo oomblike wat eindig in iconic freeze-frame fotos. Ali se rope-a-dope tegniek het nogal vir my uitgestaan. Dis ‘n tegniek wat veral geassosieer word met met sy 1974 Rumble in The Jungle fight teen George Foreman. Ali het arms-op teen die toue gestaan soos ‘n tense drol terwyl Foremam homself moeg gebliksem het met body shots. Daar word nogal deeglik daarna gekyk. Dit kan jou dalk help met jou volgende fight in Presley’s, tjom…

Maar daar is ook die meer teer oomblikke en jy kom tot die insig dat Ali ‘n vredeliewende mens was. Het jy byvoorbeeld geweet dat Muhammed Ali instrumenteel was in die vrylating van vyftien Amerikaanse gyselaars tydens die Gulf War? In 1990 het hy die Amerikaanse regering ‘n pit gedruk en na Irak gevlieg (Ali was super poes bang vir vlieg, by the way) in die hoop om met Saddam Hussein te onderhandel om die vyftien Amerikaanse gyselaars vry te laat. President George H.W. Bush did not approve. Maar fok hom, want Ali het iets reggekry wat geen president of high ranking offisier kon afpull nie:

“I’m not going to let Muhammad Ali return to the US,” het Saddam getune, “without having a number of the American citizens accompanying him.” Ali het al vyftien gekry. Imagine dit – ‘n Grootbek bokser doen ‘n president se werk vir hom en beter as hy.

Sy kop het maar harde shots gevat oor die jare en tydens die Irak-onderhandeling in 1990 het Ali reeds ses jaar lank met Parkinson’s disease gelewe, grotendeels  as gevolg van die career wat hy gekies het. Nog ses jaar later in 1996, was Ali die legend om die torch by die Olimpiese spele aan te steek. Dis probably die mees emsionele deel van die hele doccie, want op hierdie stadium van die wedstryd, het die Parkinson’s hom al vrot geslaan. Dis regtig nie lekker om dit te sien nie. Sy lyf, afgetakel. Hy sou egter verbete voortveg en is eers twintig jaar later in op 3 Junie in 2016 oorlede. Die dokumentêr kon nie op ‘n beter tyd kom nie. Hy het lol lewe gehad. Voller as ander. Kleurvoller, at least…

Ek dink nie daar is ‘n beter stukkie TV of filmwerk wat Muhammad Ali se lewe beter celebrate en justice doen as What’s My Name: Muhammad Ali nie. Dit is fantastis en met respek aanmekaargesit en bevat materiaal wat nog nooit tevore beskikbaar was in die public domain nie. Dis nogal snaaks, want destyds het Amerika hom grotendeels regtig gehaat en gedink hy is totally fokken mal. Kyk nou na hom; ‘n legende in die oë van baie geslagte.

Die soundtrack is ook fokken killer:

Ali se verhaal is ‘n ongelooflike een wat alles van sy wêreldkampioenskap as bokser tot sy inspirerende sosiale aktivisme dek. En hoe anders as deur sy eie stem? Die doccie is opgedeel in twee dele van onderskeidelik 83 minute en 79 minute. en jy sal nie vir een minuut lank daarvan verveeld wees nie. Jy hoef nie eers ‘n fan van sport of boks te wees om inspirasie hierin te vind nie…

As jy nog nie ‘n Showmax subscriber is nie, sluit gerus aan by hulle 14-dae free trial. Al is dit net om hierdie doccie te check want dis die moeite werd. As jy ‘n fan van boks is, kan jy ook ander shows en movies kyk soos:

Rocky
Rocky II
Creed
Safe Bet
The Philly Kid
Ring of Lies 


En hoe anders sou mens nou so aritkel kon afsluit as met die ikoniese Afriukaanse digter, Enrst Van Heerden se gedig, Die Bokser:

Die grense van die klein kryt
is hellende onvastigheid,

waar wit bors fier teen wit bors staan
en skim teen skim die skynhou slaan;

die lyf word wieging – ritmies, sterk –
tot skerm en liemaak ingeperk;

vier donker oë blits fel en woes,
wyl twee gedaantes mik en koes;

maar elk groteske vuis se smak
laat lis en weerstand verder knak…

die liggaam is so rank gebou
en weerloos teen die man se hou;

tog sal my mokerslag hom tref
waar hy hom vaag en grynsend hef,

sy beeld versplinter in die glas
waar netnou my gestalte was;

’n flikker-weerskyn word verskerf,
’n lyf stort soos ’n koring-gerf…

Wie is die man wat roerloos lê,
wie’t ’n bekende naam gesê?

Waarom die skaar aan’t roep en fluit,
en waarom flakker ligte uit…?


griffinWat is my fokken naam? Muhammad Ali het almal getune.

Gooi Comment