News24 – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffinRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.

News24
News24 se redakteurs, doen my asseblief ‘n guns: Vat eendag al die online berigte van al julle verskillende koerante en susterskoerante en druk dit net so uit. Kompleet met al die HTML-kodes wat deurglip, verkeerde karakters, spelfoute, woorde wat verkeerd a-fgekap word <&nbsb> en hond-se-ballas tipografie. Kyk hoe lank so ?n koerant op straat sal verkoop.
Laai julle webmaster maar net die stront straight up deur julle dodgy templates, of is julle online editor se smoke breaks bietjie te lank?Is daar selfs ‘n editor?

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.


Place your ad here

griffinNews24 – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

Gooi Comment