Werner Bekker – Parts of a Broken Man EP

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Ons het nou al ‘n paar keer artikels oor Werner Bekker gepubliseer maar ek het nog nie van sy musiek review nie. So nederig en teruggetrokke as wat hy is, het hy nogal ‘n teenwoordigheid op hoofstroommedia aan die een kant, sosiale media aan die ander kant en hy tree boonop in al die regte rock and roll hole van Gauteng op. Sy kreatiewe musiek is die mees effektiefste manier hoe hy met sy fans kommunikeer, sou ek sȇ. Sy unieke kitaarspel, waar hy dit op sy skoot sit en finger tap, mag dalk ongemaklik raak as hy aan sy girlfriend dink maar dit klink ongelooflik mooi. Daai grappie is geborg deur Arsenio Hall en oorlede Jeff Healy.

Sy stem en styl is naby aan Damien Rice se meer suiwer akoestiese tunes en Rice is vir seker een van sy influences. Hulle het daai vêraf melankoliese vibe in gemeen. Ons het hierdie EP se album launch by Rumours Rock City in Randburg gemis so twee maande terug, maar Watkykjy is ‘n fan van sy musiek en ons dink hierdie EP het alles wat ‘n great album kan maak. Behalwe, soos met so baie goeie EPs vantevore, genoeg fokken songs! Maar ons weet almal die dinge is deesdae anders met streaming-kultuur en budgets wat so tight is soos Werner se eie catchy melodieë, hooks en chorus lines.
Ek wonder hoe gaan sy songwriting wees as hy in sy veertigs is? Nogal baie meer as betaamlik tans. Dit behoort alle geslagte en ouderdomme se aandag te trek – mits jy van goeie musiek hou. My favourite songs is I’m with You en Let it Go. Beide kan die soundtrack wees van ‘n Gus van Sant fliek. ‘n Small town lesbian girl bly al haar hele lewe in ‘n woonwa saam met haar dwelmverslaafde stiefpa wat ook ‘n korrupte crossdressing polisieman is (met al die sosiale eeuwels wat daarmee gepaard kan gaan) en dan eendag tref die kak die fan en sy ontsnap na die groot stad toe. Hoe? Deur duim te gooi, natuurlik. Sy ontmoet allerhande free spirited mense langs die pad en moet haar demons face en verlede laat gaan. Mmm, serious stuff maar waarskynlik nie Oscar-materiaal nie.
Voor my verbeelding met my weghardloop: die EP se temas is ietwat meer algemeen. Sover ek kan hoor gaan die songs oor liefde, geluk, verlies en aanvaarding. Dinge wat almal elke dag geniet of mee moet sukkel. Ek dink nie hy kan veel meer doen om sy organiese soloklank te verbeter nie maar dit sal interessant wees om te hoor hoe sy musiek gaan klink as hy meer instrumente inbring soos klavier, viool of klarinet. Ek sal graag ‘n voller klank op sy recordings wil hoor ook. net vir die wis en die onwis.

As jy nog nie het – nie gaan luister die EP bietjie en check ‘n live show uit waar jy kan. Waarskuwing: musiek is goedkoper as terapie en minder riskant of gevaarliker as draks. Behalwe as dit op vinyl is. Daai is net kak van die duiwel!

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
RolbeesWerner Bekker – Parts of a Broken Man EP

Gooi Comment