Muntstuk masjiene – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffinRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.

Muntstuk masjiene
Oor die algemeen weier vending masjiene om enigiets anders as ‘n kraakvars, platgestrykte R20-noot te vat. Nadat jy dit ‘n paar keer van verskillende kante en hoeke probeer invoer en dan B65 insleutel, val jou pakkie Nik Naks halfpad uit en sit teen die venstertjie vas voordat die skelm geldmasjien jou R2 kleingeld uitspoeg. Jy betaal R18 vir niks.
Party sigaretmasjiene vat ook net presies die regte bedrag sodat jy jou hele beursie se blink en bruin geldjies moet ingooi. jy is gewoonlik 50 sent kort of jou laaste eenrandstuk wil niks weet nie. Al jou kleingeld val onder uit en dit is terug na stap een.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.


Place your ad here

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinMuntstuk masjiene – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

Gooi Comment