Minibusse – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffin en Chopper CharlieRek jou bek

 

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.

Minibusse
Minibusse is baie oulike, netjiese vervoermiddels wat met groot gemak ‘n familie kan laat rondrits, veral met vakansie, of skoolsportspanne kan rondkarwei. Dit kom volledig met alle werkende ligte, remme en sluitende skuifdeure. Dit hou gewoonlik binne spoedperke en dui met flikkerligte aan wanneer dit van baan verwissel. ‘n Minibus kan gewoonlik elf passasiers vervoer: twee voor, waarvan een die bestuurder is, en drie rye van drie passasiers elk.
Taxi’s, aan die ander kant, maak net kak waar hulle ookal gaan. Maar meer hieroor ‘n volgende keer…

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.


Place your ad here

griffin en Chopper CharlieMinibusse – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

Gooi Comment