Right, here we go again. Ons het julle verlede Maandag vertel van Waddy Jones (Ninja van Die Antwoord) wat deur ‘n up-and-coming Australian rapper, Zheani Sparkes daarvan beskuldig is dat hy haar na Suid-Afrika “ge-traffic” het, bedwelm het, haar verkrag het en dat daar allerhande weird rituele betrokke was. Hierdie het min of meer ses jaar gelede plaasgevind. *Ons kom terug na hierdie toe netnou…
Voor ons enigsins verder gaan, kom ons deal net gou met die usual conspiracy theorists wat gaan tune of klaar getune het:
“Die timing is suspect want sy probeer haar rap career launch. Hoekom ses jaar lank wag??!! I smell a rat!!?”
Of kom ons vat ‘n real life voorbeeld van ‘n actual fan se comment vroër vandag:
“Everyone’s so quick to judge.🙄 Any “victim” that stays in touch with their “abuser” even when they’re living in 2 different countries & then decides a year or so later to work for them & agree to see them every day has a very sketchy story. No victim would do that. Also, trying to build up a career while simultaneously trying to tear down another’s is sketchy shit too & after seeking them out & working for them! (them being Die Antwoord) Use some fucking logic here, people!”
Hier is my non-expert maar common sense antwoord:
1) Dis die tipe mense wat gewoonlik nie ‘n kwart van artikels, berigte en posts kan klaarlees nie, want non-argumente so laat probeer opvlam. Die fan se comment is ‘n duidelike voorbeeld hiervan – iemand wat met fokol feite bewapen is, of net 5% van die storie somewhere along the line ingeneem het en staat maak op blindelingste faith en ondersteuning.
2) Dis die tipe mense wat nie objektief na ‘n saak kan kyk nie en jare gelede reeds hulle minds in die algmeen opgemaak het wanneer dit kom by verkragting, asook wie se skuld dit by verstek is en of hulle daarvoor “gevra” het en die “motiewe” daaragter. Vir hierdie mense kan daar ongelukkig niks gedoen word nie – jy kan hulle wel uit jou lewe sny,
3) Slagoffers van seksuele misdrywe soos mishandeling en verkragting vat in meeste gevalle fokken lank voordat hulle dit aangee by die owerhede of daarmee uitkom en ‘n vertroueling soos ‘n goeie vriend of familielid vertel- dis nou as dit enigsins gebeur, want, en hierdie mag dalk vars nuus vir so paar konte wees: Seksuele teistering, seksuele mishandeling en verkragting is ‘n fokken traumatiese ondervinding!
In kort – slagoffers like dit nie om oor verkragting te praat nie, want dis ongemaklik en allerhande kak stigmas word daaraan gekoppel. Die victims voel in die meerherheid van die gevalle boonop of dit hulle skuld was, wat alles nog meer compound en kompliseer. En in meeste gevalle is hulle ook vas oortuig dat niemand hulle ooit sal glo nie, so why fokken bother? Tot hulle een of ander helder oomblik of breekpunt bereik, whatever eerste kom. En die wat nooit ‘n stem het nie? Hulle probeer saam met dit lewe sonder om enige waves te maak. Ander kan dit nie vat nie en pleeg selfmoord. Hoeveel geheime is graf toe gevat? Skaam en skuld word altyd voor die slagoffer se deur neergebliksem.
Dis hoekom ons met fokken nuus headlines moet deal soos:
It took me 28 years to report my rape to the police
Jennifer Ferguson: Why I’ve laid a rape charge against Danny Jordaan
Bob Hewitt denies raping former tennis students
Harvey Weinstein Gets Ashley Judd Case Halted, Sort Of, As NYC Rape Trial Hovers
More women have come forward about Jordaan – Jennifer Ferguson
Jennifer Ferguson is meer as 25 jaar gelede verkrag deur ‘n persoon in ‘n magsposisie – opperkont, Danny Jordaan. Even na sy met die storie uitgekom het, moes sy met ‘n donker wolk en skuldgevoel rondloop omdat sy nie uitgepraat het destyds nie: “Disclosure after 24 years. I was probably not the only woman raped by this man. I am deeply sorry that I was unable to report it when it happened and I apologise from my heart to any woman or young girl that may have suffered abuse by this man as a result of my colluding in the conspiracy of silence”.
Kry jy nou al vaagweg ‘n prentjie?
Bob Hewitt was ook in ‘n posisie van mag. As tennis coach het kinders na hom opgekyk as ‘n rolmodel. Hy het van hulle beloon deur hulle te verkrag. Dis meer as 30 jaar terug. Die stuk kak is tronk toe gestuur vir 6 jaar(!!!!!) in 2016 na hy daarvan skuldig bevind is dat hy twee jong vrouens verkrag het destyds. Ek waarborg jou daar was meer as slegs 2 verkragtings deur hom in die afgelope 30 jaar. Hy is maar net gevang vir 2.
Daar het sover fokol met Danny Jordaan gebeur nie, inteendeel: “Questions have been raised about the ANC’s seriousness about dealing with accusations of sexual assault leveled against its members after Zizi Kodwa and Danny Jordan – both of whom have been accused of rape – joined President Cyril Ramaphosa on the campaign trail.”
Dis 100% power & politics at play. Die hele Harvey Weinstein-gemors het die wiele aan rol gekry in Hollywood met die #metoo-movement en dit het goddank ‘n kettingreaksie tot gevolg gehad op ‘n internasionale vlak. Daai fokken naai se hofsaak skop oor twee maande af, maar die bra het van die duurste lawyers op aarde, so dit kan ‘n uitgerekte storie raak, want geld praat kliphard. Weinstein het ‘n nett worth van ongeveer $50m. R Kelly aan die ander kant sit met ‘n nett worth van drie keer soveel op $150m. Hy kan driekeer soveel laywers as Weinstein bekostig as hy wil.
Dit bring ons by Ninja van Die Antwoord. Waddy en Anri se net worth sit op ongeveer $10m elk. En met daai tipe geld kan mens baie maklik enige iemand probeer skrikmaak of stilmaak met poesduur New York lawyers. Veral as mens skuldig is. Want as jy fokol verkeerd gedoen het nie, hoef jy nie oordrewe te reageer op elke denkbare sosiale mediaplatform om jou accuser te probeer discredit nie. ‘n Accuser wat niemand fokol van sou geweet het nie was dit nie vir Die Antwoord self (en meer spesifiek Yo-Landi) wat haar na die kollig toe gesleep het nie:
Zheani se bewyse kom in die vorm van screen shots wat onderaan hierdie artikel is. Daar is oor die 70 van hulle, sodat jy vir jouself kan sien hoe kommunikasie verloop het tussen haar en Waddy/Ninja. Hierdie bewyse is geplaas nadat sy die brief/dreigement van Die Antwoord se fancy lawyers ontvang het (waarvan niks tot dusver gekom het nie). Die Antwoord het net stil begin word en aangegaan asof niks hulle pla nie, maar het ook intussen hulle bes probeer om Zheani se albums van alle streaming networks te probeer verwyder asook haar Instagram account tydelik te laat verban. Hulle is te stupid om dit self te doen, so hulle New York lawyers is probably daarvoor betaal. Intussen het hulle ook fans se comments op hulle social posts begin delete en de-activate. Die Interweb is egter, as they say, forever.
Dit is ook duidelik dat Die Antwoord bietjie begin uitfreak oor die hele storie. Wel, Ninja at least. Hy is seker maar die “meer” skuldige een. Vir Yo-Landi is dit nog ‘n moerse joke, asof sy bietjie beef het met ‘n less deserving rapper wie se kak geboek is. Soos ons kan sien uit hierdie video wat vanoggend op Instagram gepost is en seker voor die einde van die dag weer verwyder sal word. Ons het die video ge-download.
Die penny sal nog een of ander tyd drop vir Anri/Yo-Landi Vi$$er/ Nika (Anica, soos Waddy haar noem):
Die aanvanklike idee was om Maandag (1 April) deur die screenshots te werk om ‘n breër prentjie van alles te kry en dit net so te post, maar omdat Suid-Afrikaners ekstra deur die kak is op April Fool’s Day, het ons dit gelos vir eers. Gelukkig het ‘n YouTuber met die naam van Edwins Generation hierdie storie van die begin af aandagtig gevolg en dit baie deeglik gedokumenteer en uiteengesit. Sommer met al die oor-en-weer videos oop een plek. Hy het boonop iemand ingekry om Ninja se body language te analiseer. Besluit self of jy met haar analise saamstem. Die video is hieronder net voor die kakbaie screenshots gepost. Kyk die hele ding as jy jouself beter wil toerus, in case jy dalk oor iets wil argumenteer hierso.
Hier is daai *Ons kom terug na hierdie toe netnou…-gedeelte:
Wat Edwins en ander wel nie baie goed aanspreek in die video en op ander plekke nie, is die spesifieke aantuigings deur Zheanie. Die hele “I got trafficked to Africa”-storie klink verregaande en opgemaak, veral omdat sy uit vrye wil in Suid-Afrika gaan kuier het vir ongeveer 8 dae – ‘n argument wat herhaaldelik opduik in social media tiffs. Ek dink baie mense verwar dalk “trafficked” met “kidnapped” terwyl hulle die hele “sexual grooming” aspek miskyk. Omdat die storie oor ‘n lang tydperk afgespeel het, het Zheani haarself moontlik net verkeerd uitgedruk. Dis iets terrible wat met haar gebeur het en sy het dalk net nie mooi geweet wat om dit te noem nie. Sy was ook naive en was moontlik nie bewus daarvan dat iets soos “sexual grooming” ‘n werklikheid is nie. Dit maak egter fokol verskil aan wat fisies met haar gebeur het nie. Dit diminish glad nie haar ordeal nie.
Die tweede groot probleem waaroor niemand praat nie en net ‘n weird WTF-gesig trek is waar sy sê “I layed catatonic and he “came to” speaking in a baby voice asking me “Zheani what happened, I don’t remember?”
Sure, hulle het saam drugs gevat, maar op watter stadium was dit date rape (wat geensins ‘rape lite’ is nie, by the fokken way) omdat daar ‘n geringe graad van consent (gemotifeer deur vrees) was? Die feit dat sy “came to” in quotes sit, spreek boekdele. Dit suggureer dat hy vir die regte oomblik gewag het om te maak asof hy dik deur die kak was en uit ‘n dwelmwaas ontwaak en wil maak asof hy nie ‘n fok weet wat gebeur het nie. Die fokken gebrabbel in ‘n babastemmetjie maak dit net soveel erger. Kak as supposed to next level acting van iemand wat nie weet hoe om op te tree nie, want hy het sopas iemand verkrag en daar moet na die naaste ding gegryp word as ‘n defense – strooihalms…
Dan is daar spesifieke bewoording van Waddy se correspondence in die texts aan Zheani, wat almal vir een of ander rede ignoreer. Taalgebruik wat al die vingers na rape toe laat point. Of rape fantasies at the very least:
“fuck u slow in yor throat till u cant focus on me anymore”
“u probly gonna slide it deep i2 yor arse with vaseline wen u drunk 1nite”
En dan die meer spesifieke gevalle waar die woord “rape” actually gebruik word:
“im gonna hav 2 rape it 1day tho. wen u drunk, with lots of lube. and slow gangsta rap music.”
“specially wen u gettin raped in da butt to gangste rap music”
Behalwe vir wat ons hier genoem het, cover Edwins alles baie deeglik, so om die verhaal in sy geheel te verstaan, kyk die hele video. Hieronder is al die screenshots en heel aan die einde, is Edwins se eerste video van sowat ‘n week terug.
Die idee was om Maandag (1 April) deur die screenshots te werk om ‘n breër prentjie van alles te kry, maar omdat Suid-Afrikaners ekstra deur die kak is, het ons dit gelos. Gelukkig het ‘n YouTuber met die naam van Edwins Generation hierdie storie van die begin af gevolg en baie deeglik ge-dokument en uiteengesit met al die oor-en-weer videos
Watkykjy staan op 3,066,607 post views in totaal sedert 1 November, 2019.