Caution Boy is hier soos ‘n 90s raasgat. Waar is die res van julle?

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Ek sal altyd daai deel van Lynnwoodweg in Pretoria onthou waar die Hatfield strip nou is. Hoe verduidelik jy vir die jonger generasie hoe die scene was daai tyd? Daar is nie eens fotos van hoe die clubs binne gelyk het nie. Geen selfies of groepsfotos van die mense op die net nie. Geen websites, Facebook posts of YouTube videos van bands nie. Net befokte (albeit beperkte en blurred) herinneringe.

Maybe het iemand hier en daar ‘n kiekie geneem maar ek het nog nie eintlik so iets gesien nie. Ons het jare se kak gehad met die ou South African Narcotics Bureau (oftewel SANAB) veral toe ons nog sewentien was en by Shaft uitgehang het. SANAB het gereelde “undercover” raids kom doen by die clubs om underage drinking, zol en hard drugs uit te vis. Maar ons het geweet wie hulle is want hulle was kakdom en kon nie mooi inblend by Gen X nie. Jy kan nie ‘n wit hempie en jeans met Gypsy tekkies wil aantrek en tussen flannel hemde en swart Nirvana en NIN shirts kom try cool wees nie.

Die life skills wat jy geleer het om jouself by ‘n club in te bullshit in die nineties was goud werd maar die life skills wat jy geleer het om nie gearresteer te word nie (as SANAB jou probeer uitvis het) was priceless. Drugs was nooit my thing nie en ek het net kaste vol bier uitgedrink en zol gerook. So ek het SANAB net beskou as ‘n onregverdige irritasie in my tienergat. Shaft was amper altyd vol, so dit was nie maklik vir die varke om rond te beweeg binne nie. Ek het ‘n hele paar keer op my knieë gekruip onder die tafels op daai sif pisvloer (sonder dat hulle my sien) en onder hulle neuse uitgeglip by die deur uit en by die trappe af. Staan maar net buite in die donker en rook vir so ruk met my vuil jeanpante tot hulle weer gefokof het.
So week of so terug het die volgorde van gebeure my aandag getrek en veroorsaak dat ek by The Grind Bar and Eatery opgeëindig het. So reg in my ou hood. Andy Cappo van Caution Boy en Apocalypse Later het my die storie vertel van die cops wat ‘n cease and desist order op Thrashers bedien het en hulle redelik gestrand gelaat het met hulle gig saam met The Badass Execs en Make-Overs, Vrydag 29 Maart. Ek kon nie mooi uitfigure of dit liquor license issues of noise complaints was nie maar die lang arm van die gereg is lyk my net so irriterend in 2019 as dit by rock and roll kom as way back when. Dis nie asof die regte kriminele vry rondloop om te steel soos hulle wil nie. Friends of Zuma. Bleh.

Ek dreig nou al vir ‘n lang ruk om Caution Boy en Make-Overs live te sien maar daar het altyd iets voorgeval. Ek weet nie of ek al ooit vir Andy Cappo en sy makkers so up-in-arms gesien het nie. Ek ken Andy as die bra met zero ambisie wat die “grootmenswȇreld” aanbetref maar hy is daai artist wat genuine bang is om te happy te wees want volgens hom mag dit dalk net sy art opfok. Dit inspire my as bands nie opgee as die kak die fan tref nie. So saam met Trev en Finn het hy nogal ‘n bohaai opgeskop op social media en Willie van der Schyff van African Beer Emporium het eerste sy hand opgesteek om die Vrydagaand hulle venue beskikbaar te maak.  Daarna het die mense van The Grind ook aangebied om te help die Saterdag 30 Maart. Die bands het besluit dit sou beter wees om mense so bietjie tyd te gee om te adjust en die gig het toe die Saterdag plaasgevind.

Die venue se decor en die vibe het my baie laat dink aan die nineties. Nie so donker soos Shaft of The Viper Room nie. Ook nie so dodgy soos McCoys van ouds nie. Ek het nie gevoel ek moet my back watch die hele tyd nie maar die hamburger wat ek getand het, het my wel aan die ou dae laat dink. Heavy greasy. Hartaanval op ‘n bord. Jirre.

Die misfit kids is anders deesdae. Niemand was opsoek na ‘n fight nie en openlike afwykende seksuele gedrag was daar ook nie te bespeur nie. Hulle is vir seker meer behulpsaam en vriendeliker as wat ek onthou hoe ons was. Dalk is dit omdat ek nou ouer is en nie meer self deel van die probleem is nie. “Hot head needs cool water” soos Mr Miyagi getune het. Ek het vir seker nie ‘n tekort aan mense gehad wat my op en af by die garage-like dansvloer se trappe wou dra nie. Die een girl wat ek ontmoet het, het haar vriende rondge-order om my te help en ‘n ander girl was heavy concerned en het my ‘n drukkie kom gee. I guess the kids are all right.

Hoe was die bands? Kom ek begin by die akoestiek en klank. Dit was maar bietjie crappy maar die bands maak van nature baie geraas en die hele vibe en hulle energy op stage is vir my ‘n groot deel van die show. So vir my hoef die klank nie perfek te wees in so scene nie. Ek was meer amazed dat daar tussen die cool kinders reg bo ons by die Fokof bar en die cooler kinders by die packed House Club langsaan ‘n klein DIY scene aan die groei is wat my weer herinner het aan dit waar dit alles begin het. Basic alternative en punk met complicated emosies. Die Bad Ass Execs het baie potensiaal. Garage punk-rock vibes. Gaan check hulle Youtube vids uit. Lekker visual arts ook.

Ek het Caution Boy se nuutste album verlede jaar review en is ‘n moerse fan van die recorded work. Hulle live shows is baie meer rou en unpolished maar kort nog werk. As Andi Cappo-hulle met hulle live shows kan emulate wat hy met sy recordings kon regkry en die balans tussen geraas en pop melodies nog verbeter gaan daar baie meer mense na hulle shows toe kom, skiem ek. Dit gaan epic wees! As ‘n frontman hanteer hy die crowd (en sy kitaar) op ‘n liefdevolle passive aggressive manier. “Fuck all of you. I love all of you.” Dis baie interesting vir hierdie nineties kid.

Ek weet die band het nie geld om hulle equipment te vernietig nie en dis die enigste rede hoekom hulle dit nie doen nie. Dis ‘n awkard en weird performance maar dis regtig hoe hulle is en dis hoekom die misfits dit love. Daar was een oomblik net na Andy sy kitaar se snare teen Trev se bass gedruk en daarna op sy knieë afgesak het om feedback uit te wurg toe ek gedink het daai kitaar gaan nou stukkend gebliksem word. Hou jouself in, Cappo! Waar gaan jy weer ‘n kitaar kry?

Make-Overs was meer as wat ek verwag het, probably omdat ek al omtrent al die getroude paartjie se Youtube vids gekyk het. So, musically het ek geweet wat om te verwag.

Maar wat ek live opgetel het was hoe comfortable hulle met hulle art, mekaar en selfs hulle klein fokops op stage is. Cool mannerisms soos die manier hoe Andreas sy microphone approach as hy sing of teen die muur gaan lȇ en strum tydens ‘n langerige song of hoe Martinique in ‘n zone daai tromme moer asof hulle die hele paternalistiese sisteem is. Hulle het jare se ondervinding op groter oorsese en local festival stages en hulle love wat hulle doen.

Ek weet nie of daar ooit ‘n moerse underground scene in Pretoria substantially gaan groei wat hierdie musiek aanbetref nie, maar as dit sou gebeur sal hierdie drie bands nogal belangrik in so beweging wees. Ons weet daar is nog baie ander sulke freakazoid bands daarbuite maar waar is al julle jonger generasie kids se bands, huh? Rebelleer bietjie teen die status quo!

Dinge is te franchise-reseppierig in Pretoria en my generasie is te fokken oud.

Maak die regte nuwer geraas!

RolbeesCaution Boy is hier soos ‘n 90s raasgat. Waar is die res van julle?

Gooi Comment