Shotgun Tori maak die honne wakker!

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Ek het nog nie Shotgun Tori gaan sit en luister en onder die vergrootglas geplaas nie.  In fact, ek weet nie veel van Victoria de La Harpe as ‘n performer af nie maar ek weet nou sy maak musiek saam met ‘n klomp ewe talentvolle musikante. Sy kan solo jam as Shotgun Tori of saam met Fred van der Merwe (die oorspronklike woefie van Crystal Park) of saam met die volle band wat meer bekend staan as Shotgun Tori and the Hounds. Die gaskunstenars op hierdie album is Kobus de Kok Jnr, Lucy Kruger, Laurie Levine, Brad Wooldridge (Crystal Park) en Bronwyn Krige (Them Particles). Woof woof! Ahoooo!

Wat het my na hulle musiek aangetrek? Om mee te begin – dis stories wat jou deur moeilike tye kan help. Dis musiek wat nuttig en sterk is aan die een kant maar beeldskoon en sensitief aan die ander. Jy kan sê dis ‘n yin-en-yang alternative-indie-country-folk band. Ek like dit. Dit het die brakkies min of meer vier jaar gevat om die album te voltooi en dit gee die stukkie kuns nogal ‘n onkonvensionele vibe. Tydloos, maar met tydsgebonde snapshots tussenin. Hulle het begin met ‘n crowdfunding campaign om die album in New York te gaan opneem in 2015 maar dit het toe nie uitgewerk nie. Shit happens. Die media release tune die album is epotymous. Wat de fok? Eponymous. Jirre.
*Google gou*
Aaaah, Ok. Dis selfgetiteld en het nie ‘n ander naam nie. Well, fokken sê net so, Epottiemattiepis.
Hulle oorspronklike songs? Behalwe vir my yin en yang analogie, dink ek die songwriting is uitstekend verwoord, intelligent, humoristies, emosievol en aangrypend met tye. Die kombinasie van Shotgun Tori se stem en daai ander vierpoot se akoestiese kitaar choppies is opreg en hartroerend. So ja, binne die gewone moderne ou reseppie van hoe indie-folk-en-country nou eintlik moet klink, voel dit nie vir my of ek dit al te veel voorheen gehoor het nie. Dit kom maar weer terug na die songs toe, dink ek. Songs is of solid of dis nie. Songs kan holruggeryde genres laat nuut klink of nie. Ek kan dit nie meer eenvoudiger stel nie. Watch out vir hulle cover van Bobby Mcferrin se Don’t Worry be Happy. Die tempoverandering van country na meer rock toe werk perfek.

Dis genuine befok!

RolbeesShotgun Tori maak die honne wakker!

Gooi Comment