Sally4Ever is ongemaklike verleentheidskuns en dis fokken fantasties!

In Movies en TV deur griffinRek jou bek

Julia Davis is ‘n briljante komediant, aktrise, skrywer en director. Jy het nie ‘n idee wie sy is nie want hierdie 7-keer BATFA Award-genomineerde vrou werk meestal agter die skerms as ‘n skrywer en wanneer sy haarself wel in acting rolle bevind, is sy amper soos ‘n easter egg – sy kruip weg op die vreemdste plekke wat jou laat besef dat jy wel weet hoe sy lyk en klink maar nie geweet het wie sy is nie. Kom ons begin by die moeiliker een – die een waar jy net haar stem gehoor het: in die laaste episode van die Britse reeks, The Office, kan sy oor die foon gehoor word as die stem van ‘n vrou van ‘n dating agency wat met David Brent (Ricky Gervais) gesels.
OK, hier is ‘n effense makliker een – as jy ‘n fan van die reeks Black Mirror is, sou jy Davis moontlik van episode 2, Fifteen Million Merits, onthou in die rol van Judge Charity op the denkbeeldige talent show, Hot Shot.
Raait, hang on, jy lyk nog steeds fokken confused. Sy is hierdie “stuck up” blonde Britse vrou in Love, Actually. Fokken almal van julle het al hierdie movie gesien:

As skrywer hou Julia daarvan om way beyond die algemeen aanvaarde boundaries te gaan en dis waaroor black comedies juis gaan. Sy het dit met haar drie vorige reekse ook gedoen: Nighty Night, Hunderby en Camping (waarin sy toevallig ook ge-act en direct het), maar haar nuutste treffer, Sally4Ever, slaan fokken hard, pappie! Hy slaan actually blou hale met sulke pers halo’s.

As Die Huisgenoot Sally4Eva sou moes beskryf in ‘n paragrafie, sou dit min of meer so gelyk het:

Vir net oor ‘n dekade lank het Sally (gespeel deur Catherine Shepherd) ‘n saai voorstedelike lewe gelei met haar kêrel, David, maar die aand wanneer die arme skepsel haar uit pure desperaatheid in trane om die hand vra, verander alles. Sally beleef (met rede – David) ‘n intense angs en krisis en knoop ‘n wilde verhouding aan met Emma – ‘n aantreklike en verleidelike, charismatiese, boheemse aktrise, sanger, musikant, digter en skrywer.

Raait, sit daai Huisgenoot neer. Hier is die onverdunde Watkykjy weergawe:
Sally se boyfriend, David, is sif, vreeslik eienaardig, fokken creepy, nie juis iets vir die oog nie en moontlik latent homoseksueel. Die bra gee homself byvoorbeeld ‘n pedicure in die sitkamer met sy pote op die koffietafel. Maar dis asof hy dit effens te veel geniet. In fact, dit lyk asof hy draad trek met sy groottoon. Dis nou die eerste ding wat in die oggend gebeur voor Sally werk toe moet gaan. Die mundane dinge, jy weet? Persoonlike sorg en “higiëne”. Dis nogal ‘n deurlopende tema, maar meer daaroor later.

Dank die hemelse vader dat daai cringe oomblik  darem onderbreek word met ‘n scene wat Sally se boring lewe meer na die voorgrond bring. Sy is op pad werk toe op die Londen Underground en mens kry half ‘n idee dat sy dalk eerder ‘n lady’s lady is, want sy  scope ‘n ander goose op die tube se bene en kanne uit. Netjiese kanne, bygesê. Hierdie is moontlik die eerste teken van die “wilde verhouding” op die kaarte is.
Aangekom by die werk is dinge nie veel beter nie. Haar job as ‘n bemarkingsagent is nul lekker en vaal. Die advertising agency vir wie sy werk is about net so deadbeat soos haar Dave en die werksomgewing herinner baie sterk aan Ricky Gervaise se The Office. Sally kon net sowel saam met David Brent gewerk het en soos met The Office, is elke liewe karakter whack as fuck! Hulle is totally dysfunctional. Kom ons vat die onaantreklike vrou in die rolstoel, byvoorbeeld (dis iets wat jy nogal teëkom in al Julia Davis se reekse: lelike en disabled mense) – Sally en hierdie vrou mik beide vir dieselfde promosie by die werk. Laasgenoemde tune haar dat sy hoop dat hulle steeds vriende kan wees, maak nie saak wie vir die promosie gekies word nie: “I don’t want people to think that I’ve got an unfair advantage over you because of the chair”, waarop Sally antwoord: “I didn’t even notice the chair?”
En jy wil half aan Sally se kant wees, want die scene is so slim geskiet dat die kyker ook nie aanvanklik bewus is van die rolstoel nie. Totally ongevraag en uit haar beurt gaan die vrou in die rolstoel awkwardly aan met die gesrpek: “I was run over by my mom. It happened long ago. She reversed over me and back again. She said she thought it was a larger dog… but… I think she knew…”

Klip. Fokken. Hard.

Vir wyle word die cringe genadiglik weer gebreek deur ‘n scene waar Sally die Tube terugvat huis toe. Wanneer sy afklim, check sy weereens dieselfde chick se lyf uit. Dinge begin in plek val. Die oomblik wanneer Sally haar huis se deur oopmaak is al die sleg egter weer terug. ‘n Inbreker, geklee in swart en ‘n balaclava gryp haar van agter af en poog iets wat ditself iewers op die glyskaal tussen geklede verkragting en standing doggystyle broeknaai mag bevind. Sally freak die fok uit, kom los en ruk die balaclava af. Natuurlik sal dit fokken Dave wees. Hy probeer net hulle sekslewe op spice…

Daar is duidelik groot fokken probleme in hierdie verhouding. Ek meen jirre, later die aand bars Dave in trane uit, sak af op sy knieë en smeek Sally herhaaldelik al huilend om met hom te trou. Sy sê nie “ja” nie, maar net bloot “OK” sodat hy haar die fok kan uitlos. Natuurlik sien Dave dit as ‘n kans om vir Sally sy oorlede ma se trourok met stains op (fokken eeu!) te gee, haar vra om dit aan te trek en amper in dieselfde asem te vra of hulle sommer kan naai ook. Die ou het serious mommy-issues! Sy wys alles van die hand. Naturally. Good move.

Later die aand met die snorkende, en nou verloofde man langs haar in die bed besluit sy om uit die huis te sneak, want drank maak alles beter en dis nou breekpunt. Lang storie kort eindig sy op in ‘n lesbian club, kap heeltemal te veel shooters en eindig op om die girl van die tube te vry. Haar naam is Emma, gespeel deur  Julia Davis wat ook die reeks geskryf en direct het. Die aand eindig op in ‘n waas, want Emma French kiss vir Sally en voer haar sommer ‘n  ecstasy tablet met die tong.

Terug by die huis word Sally wakker langs ou deur-die-kak Dave, haar make-up orals oor haar gevreet gesmeer en haar hare lyk of ‘n swerm voëls daarin genaai het. As bonus ruik sy soos ‘n wynplaas se houtvloere. Sy vertel vir Dave sy het vroeg opgestaan, met make-up ge-eksperimenteer en bietjie wyn gedrink. Omdat hy so needy pateet is, glo hy dit…

Plot twist!
Dave moet vir die naweek weggaan vir werk, so hy vra vir Sally of hulle kan zaber. Sommer so gou-gou voor hy moet waai. Sy decline. Wat doen hy? Hy gaan trek draad in die onderste badkamer. En hy doen dit nie saggies nie. Hy maak letterlik aapgeluide wat harder en harder word soos hy eventually kom. Dis min of meer hier waar Emma van haar kans gebruik maak om by Sally in te trek, want dinge aan Emma se kant lyk nie veel beter nie. Haar girfriend het haar uitgeskop en die verhouding beindig. Het jy gedink ‘n aantreklike en verleidelike, charismatiese, boheemse aktrise, sanger, musikant, digter en skrywer sal altyd stabiel wees en werk hê? Passop vir daais, hoor?
Die twee girls raak eventually dik aan die vry en dis op hierdie stadium waar baie slim jump cuts tussen twee wêrelde (wat nie méér verwyderd kon wees nie) baie mooi uitgebeeld word:
Dave in sy karige hotelkamertjie wat homself die nodige persoonlike aandag gee en sy badkamertakies verrig – hande en gesig was versus die twee girls girls wat back at the ranch hulle tiete en nipples teen mekaar smeer.
Dave wat ‘n creepy makeshift shrine met ‘n foto van Sally, roosblare en ‘n kers noukeurig aanmekaarsit versus Emma en Sally wat al hoe warmer vir mekaar raak.
Dave wat in solidtude sy ballas  deur sy onderbroek  met ‘n haardroër droogblaas versus Emma wat nou al vir Sally van agter af naai met ‘n dildo.
Dave wat gemaklik in sy hotelbed in sy pajamas lê met ‘n koppie tee en ‘n koekie daarin dip versus Emma se gesig wat nat en blink is omdat sy sopas in Sally se koekie gedip het. En dan is daar so “NEEEEE!”-omblik wat jy eerder self moet kyk want ek wil dit regtig nie vir jou spoil nie….

Hierdie show is walglik, gevul met skok, afgryse en jy gaan hardop lag. Dis deeglik seksueel. Dis cringe kwadraat. Sally4Ever is ongemaklike verleentheidskuns uit die boonste rakke en dis fokken fantasties!

 

Sally4Ever is ‘n reeks van 7 episodes en is besikbaar op Showmax. Met Showmax se free 14 dae trial sal jy ‘n vêr paadjie kan stap en die reeks kan klaarkyk oor die naweek, maar begin ook sommer om in te haal met Game of Thrones se eerste 7 seasons, want season 8 begin Maandag, 15 April om 22:00 weekliks op Showmax te wys.

Jy wil dit nie fokken mis nie!

Meer nuus hieroor later ook. Geniet jou naweek en laat ons weet of jy Sally4Ever geniet het en of dit vir jou te erg was?

griffinSally4Ever is ongemaklike verleentheidskuns en dis fokken fantasties!

Gooi Comment