Meisies met seunsname – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffin en Chopper CharlieRek jou bek

 

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.

Meisies met seunsname
As jy nie seker oor jou kind se geslag by geboorte is nie, moenie oorywerug raak net omdat jy ‘n geboortesertifikaat wil indien en dit agter die rug wil kry nie. Wag ‘n dag of twee. As daar nie ‘n tottie uitpop nie, is dit ‘n dogtertjie. Gee haar asseblief ‘n dogtertjienaam.

As jy egter regtig daarop aandring dat die arme siel haar broodjies alleen moet eet, elke pouse vir die res van haar skoolloopbaan, gaan all-out en gee haar ‘n ordentlike seunsnaam soos Theunis. Dit rym met penis en laat net soveel meer ruimte vir afknouing en verkleinering.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.


Place your ad here

griffin en Chopper CharlieMeisies met seunsname – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

Gooi Comment