Gunshot Blue is meer gefokus met ‘Until the Last Prayer’

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Ek het so drie jaar gelede Gunshot Blue se 12396KM EP (2014) review en kon die Slawiese konneksie in die blues hoor. Veral wat die kitaarspel aanbetref. Pepi Dimevski (van Macedonian afkoms, om meer spesifiek te wees) lyk of hy ‘n Oosbloklandmafiabaas kon wees en boonop verantwoordelik was vir die sluipmoorde op talle van Gunshot Blue se vyande. Dis nou as hulle vyande gehad het. Ek het Pepi nog nie persoonlik ontmoet nie maar sal obviously een of ander tyd en ek vermoed die wolk van verbeeldingryke misterie (en miskien my eie stereotipering) gaan soos mis voor die son verdwyn. Mense wat hom al ontmoet het tune hy is eintlik ‘n baie vriendelike siel.

Ek weet Frans is sover van ‘n mafiabaas af as wat storytelling folk blues van die Mediteranean Shipping Company se ethos en mission statement is. As hulle ooit een het. Ek kon ook SA landskappe hoor destyds met die EP (vir my het hulle soos die Karoo geklink). Wel, Frans staan nou beter bekend as Frans Karoo so ek was seker nie te ver af nie. Gunshot Blue is eintlik meer van ‘n ander planeet af of dalk het hulle net ‘n spesiale konneksie met die geesteswêreld. Soos die San van Suider-Afrika of die Noord-Amerikaanse Indiane. In plaas daarvan om transdanse te doen of om ‘n peyote-kaktus te verorber, gebruik hulle musiek. Wel, ek sal nie weet wat hulle nog gebruik om by hulle musiek of die netherworld uit te kom nie maar ja, dis ‘n weird-as-fuck-but-awesome band hierdie.
Ek was gelukkig genoeg om Gunshot Blue live te sien op die Mojo Rising Blues Cruise verlede naweek. Holy shit, wat ‘n experience! So ironies dat Gunshot Blue op die drywende toonbeeld van alles-in-beslagnemende verbruikerswese opgetree het want hulle vibe is presies die teenoorgestelde daarvan. Miskien is dit hoekom ek dit waardeer het. Ek sal volgende week ‘n volle feature doen oor die hele blues cruise. Dalk.

Frans laat my dink aan ‘n meer rustiger en sober Jim Morrison wanneer hy tussen die songs sulke onsamehangende poëtiese wyshede kwytraak en die crowd boonop kak gee wanneer hy dink hulle reageer nie genoeg nie. Wel, vanuit die perspektief van iemand wat in die crowd was, dink ek ons was bloot gehipnotiseer deur die band se spiritual blues. Dis nie musiek wat jou summier laat opspring, rock and boogy nie. Selfs as Gunshot Blue die elektriese kitaar harder draai luister jy aandagtig na die hele musikale meditasie want jy weet nie eintlik waarnatoe dit alles gaan nie. Maar dis ‘n goeie ding, so mens sê maar net ‘amen’ aan die einde van die songs. Dis meestal roots-blues maar daar is ‘n duidelike tribal element in hulle musiek and it could go anywhere. Gunshot Blue se ritme-afdeling het dalk iets daarmee te doen.
Terug by die Until the Last Prayer debut album. Die Slawiese bluesklanke is nog steeds een van die unieke fondasies van hulle musiek maar ek hoor minder van daai Going Nowhere Slowly (daai ou TV-program se sound track) acoustic anthems, as op die EP en daar is dalk ‘n ander tipe landskap(pe) se invloed in hulle musiek nou? Dis minder Karoo vir my maar ek kan dit net nie akuraat verwoord op die oomblik nie. Maybe kan ek net sê dis ‘n voller overall klank met build-ups en meer catchy hooks so tussenin die lekker chops en slides deur. Daar is meer prominente bass, vocals en tromme en die stories en lirieke het ook baie meer kleur en diepte bygekry. Daar is harder elektriese kitaarriffs en solos ook. Rockedamia blues.

Die vorige EP het baie colabs gehad en dis ‘n goeie aanwysing van groei in ‘n band – as daar fokol colabs is op die daaropvolgende offering. Tom Hughes se recording, producing, mixing en mastering het ook duidelik ‘n verskil gemaak. Gunshot Blue het nou ‘n meer gefokusde klank hier beet en hulle kon hulle aandag vierkantig vestig op hulle songwriting.

Wie weet, dalk kan hulle die song writing nog meer verbeter in die toekoms?
Check dit uit!

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
RolbeesGunshot Blue is meer gefokus met ‘Until the Last Prayer’

Gooi Comment