Dis alles of niks vir The Black Lapels van Durbs

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

The Black Lapels – All or Nothing EP
Ek review nie baie bands van Durban and all nie, so dis dalk weer bietjie tyd. Blykbaar is Rob en Garth Warren wel bekend in die local scene daar. Rob skryf tunes, sing en jol kitaar terwyl Garth sing en baskitaar tokkel. Ek het eintlik geen idee wat tussen die mangos, suikerriete en bunny chows aangaan nie, maar The Black Lapels se publisiteitsagente het my gemail met ‘n presser.

Hulle sound het my ingekatrol en ek moes ‘n hele paar keer luister. Dié band (wat nie met die naam Zamalek verwar moet word nie – dis soos in die deel van jou baadjie onder jou kraag) het begin as ‘n corporate, party en tribute band maar hulle musikale talente en kollektiewe konneksie het na ‘n paar jaar veroorsaak dat hulle ‘n sound van hulle eie begin ontwikkel het.

Tienduisend of vyfduisend ure ingesit? Paying their dues? So iets, ja. Volgens hulle presser het selfs hulle covers soos The Black Lapels begin klink. Daar is nie ‘n presiese resep hoe mens kan groei as ‘n musikant nie, nie waar nie? Die band bestaan nie net uit dié twee Warren broeders nie, though. Gareth Gale slaan ook die tromme en Rusty Red speel kitaar en is sommer hulle recording engineer ook. Hy is seker die ginger in die band, nê? Elke band moet ‘n ginger in hê. Jirrr… wag ek check nou eers die band foto uit. Hoeveel gingers is daar in hierdie band?
Die musiek is in wese indie tunes maar ek hoor ‘n old school eighties pop invloed en die verskillende ritmes en kitaarspel verwek oorgenoeg Afrika-se-kind met tye. Gladde, koel vocals ook, soos Hootie and the Dave Mathews Blowfish Band. Hierdie brasse bly naby die see, dis vir seker, maar dis nie Kaapstad se vibe nie. Dis ook duidelik. Die lirieke is grootmens-kontemporêr, maar nie kommersieël verkeerd nie. Soos ons dit in die ou dae geken het, anyway.

Sekere van die sounds mag dalk ‘n bietjie kommersieëlwees, maar dis nie ‘n train smash nie. Ek like elke liewe song op hierdie EP maar All or Nothing het die grootste impak op my gemaak. If you don’t get it, you’re not human.

Kief band!
Cool album!

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
RolbeesDis alles of niks vir The Black Lapels van Durbs

Gooi Comment