Nicholis Louw – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffin en Chopper CharlieRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.

Nicholis Louw
Aah, Nicholis Louw. Ons voorste vertaler van internasionale popliedjies in Afrikaans.
“Net die Een Vir My” waarop (en hier van ek nou ‘n wilde skoot in die donker) Saffas in die Aardvark-nagklub op Vrydagaande in Londen holswaai, is eintlik ‘n Romeense tune genaamd “Dragostea Din Tei”. Gaan soek dit gerus op die internet. Die liedjie handel oor die liefde van die lemmetjiesbook of so iets.
Dan’s daar sy ander treffer, “Hier Naby Jou” – ook ‘n sub-standaard Afrikaanse verwerking van “Here in Your Arms” deur Hellogoodbye. En moenie vergeet van sy populêre cover versions van van Prince se “Purple Rain” en Bon Jovi se “Bed Of Roses” nie.
Nicholis is so oorspronklik soos ‘n halfgesmeerde Rama-broodjie. Maak dit van hom ‘n kunstenaar om liedjies met ‘n lekker beat op te spoor en bloot Afrikaanse woorde daarvoor te skryf? Blykbaar, as jy in aanmerking neem hoe flink sy treffers verkoop. Of moet ons eerder vra wat dit van die ouens maak wat sy plate koop?



Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.


Place your ad here

griffin en Chopper CharlieNicholis Louw – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

Gooi Comment