Jakkie Louw – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffin en Chopper CharlieRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.

Jakkie Louw
Dalk moet Jakkie sy naam na Yucky toe verander sodat dit by sy musikale talent ten volle kan weergee. Hy moet net asseblief nie met Nicholis kragte snoer nie. Vader behoede ons as die Jakkalis Louw-orkes (met lekker vet doef-doef backtracks) se eerste platinum plaat klap. Aggenee, ek het reeds te veel gesê. Dit is nou swart op wit en onafwendbaar. Sweef my gou die uitveër.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.


Place your ad here

griffin en Chopper CharlieJakkie Louw – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

Gooi Comment