Fokofpolisiekar – ‘n bende, ‘n boek, ‘n bier en nou ‘n fokken bar!

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Fokofpolisiekar rock stages regoor Suid-Afrika en in die overseas nou al vir meer as 15 jaar lank en dit lyk of hulle die momentum nou lekker opgebou het en gaan sustain vir ‘n lang ruk. Die Bende se timing om ‘n kroeg in Pretoria oop te maak kon nie op ‘n beter tyd kom as nou, die begin van 2019 nie. Imagine wat ‘n fokop dit sou gewees het as hulle hierdie plan uitgedink het gedurende die eerste 5 jaar van die band se bestaan? Alles sou fokken implode het. Dit sou ‘n fokken pikswart dagmerrie met vlerke en kloue wees, nevermind ‘n nagmerrie. Die ouens is nou solid en het hulle kak gelos. Meeste van dit. Soos ons almal maar. Hulle is nou grootmense, gesinsmense, hulle spring nie meer uit bewegende karre uit nie – hulle betaal dit nou af saam met huise, hulle raak nie meer black-out fucked en pleeg fist fights nie en hulle is besigheidsmense.
Scratch that- hulle is besigheidsmasjiene.

En dis asof hulle presies tien jaar terug met hierdie metamorfose begin het en werk na een of ander nuwe goal en elke tweede jaar, amper klokslag, daai nuwe goal bereik. Die ouens het in 2009 ‘n moerse suksesvolle documentary release (Fokofpolisiekar: Forgive Them for They Know Not What They Do). In Maart 2011, het Protea Boekhuis hulle biografie gepubliseer (Biografie Van ‘n Bende deur Annie Klopper). In 2013 het hulle hul eerste live album/DVD release (Forgive Them For They Suck K*k) en Fokof Lager het in 2015 vir die eerste keer in mense se keelgatte begin afvloei. As dit nie vir 2019 was nie, was 2017 sekerlik die grootste jaar vir Fokofpolisiekar toe hulle geskiedenis gemaak het met hulle crowd funding effort vir hulle album, Selfmedikasie, wat dieselfde jaar uitgekom het. Die brasse het gemanage om R1,081,010 in te samel op Thundafund. Vat my van agter af!

En hier is ons nou aan die begin van 2019 met nog ‘n 2-jaar goal wat geklap is. Fokofpolisiekar van Bellville, het hulle eie fokken bar oopgemaak in Plakkietoria – ‘n fokken no-brainer, siende dat hulle grootste fanbase hier gebasseer is. Kom ons dink vir ‘n oomblik bietjie mooi hieroor – die ouens het reggekry om die woord “Fokof” poesgroot op ‘n sign te sit, buite hulle eie besigheid, in een van Pretoria se bekendste strate en hulle gaan geld daaruit maak. Hoe de fok het ons hier gekom, Suid-Afrika? Aan die begin van hulle career het radiostasies, koerante en TV-programme na hulle verwys as “die Polisiekarre” net omdat hulle die woord “fokof” wou omseil. Want skande en die kerk en liewe hiesis en ons ouers en wat gaan die mense din? Ek haal my fokken hoed af vir julle. In fact, ek haal sommer Snake se lelike poeshoed af vir julle. Wat het julle vir ons beplan vir 2021, huh?
*slow clap*
Die Fokofbar se deure het officially hierdie afgelope Saterdag (2 Feb) oopgemaak, maar ons was Vrydagaand reeds by die official VIP-opening (for lack of a better verduideliking) gewees waar die manne die rooi lint met die strik geknip het met ‘n groot skêr en almal shots gevoer het soos ons met die trappe opgeloop het. Later die aand het Fokofpolisiekar ‘n fokken mooi acoustic set gedoen. Imagine dit – om Fokofpolisiekar in die Fokof Bar te kyk terwyl jy jouself met ‘n Fokof Lager lawe?
Die plek self het ook seriously die kak uit my impress. Ek gaan eerlikwaar hard moet dink of daar ‘n mooier kroeg iewers in Pretoria is. Dis ‘n blerrie kunswerk, maats. Die details. Soos met die preekstoelpodium-vibe wat eintlik dien as die sound booth. Dit lyk asof hulle ‘n meubelstuk by ‘n bankrot kerk gescore het, maar dan onthou jy Francois se pa is of was ‘n NG-dominee en dan maak dit sin. Predikante en onderwysers se kinders maak mos maar altyd die meeste kak. Sommiges maak kroeë oop. Yup, die duiwel’s in die details. Van die Ken en -Barbiepoppe in die klein fluorescent doodskissies wat dien as signs vir die badkamers tot die “moenie-muur” en die Dagdronk neonlig reg bokant ‘n parkiebank (herfs 2917) in die opelug area. Die bar counter self vorm egter die center piece van die hele bar en dis fokken mooi. Houtwerkmenere, carpenters en Jesus homself sal ween by die aanraak van die majestieuse kroegtoonbank. Alles is net totally met fokken styl gedoen. We’ll get back to this again, just now… Ek dink dit sal effens unfair wees om vir ‘n nuwe plek soos hierdie se kos te probeer punte gee op die eerste aand. Don’t get me wrong – die burgers was fantasties, presentation befok en die side dishes soos uieringe en aartappelslaai was topklas. Daar was net te veel ander distractions gewees en te veel dinge om tegelyke tyd in te neem. Ek kan byvoorbeeld eerlikwaar nie die burgers se name onthou nie (het hulle even name?), ek weet regtig nie wat op die menu is of wat die pryse is nie en die kos was vinnig genoeg by die tafel – honger is by verstek die beste kok, en ons het fokken honger daar aangekom. Ek is nie ‘n crafty kont nie, maar hierdie craft bier (as dit ooit craft bier is) kom lekker en koud uit die tap uit. Dis al wat ‘n man vra. Koue, lekker bier. Om 100% fair teenoor hulle te wees, sal ek moet terug gaan en rustig sit en vreet deur alles wat beskikbaar is, met so paar tjommies en dan alles met ‘n Jagermeister of agt afrond.

Fokof Bar se location is nogal spot-on en die band is moontlik salig onbewus van die betekenisvolheid wat dit vir seker mense mag inhou. Afgesien van die feit dat hulle reg oorkant die manskoshuise geleë is, was daai stretch van die straat heavy aan die kook in die mid tot einde 90s. So paar van julle sal daai lekker alternative joint, Shaft onthou.
Fokken R1 Black Labels, heavy metal, Nellie The Elephant, mosh, vry en headbang. Daai was ‘n kultuur op sy eie. Die eienaar was net ‘n skelm kont gewees. Daai plek is nou ‘n cartidge winkel en net 200m af in die straat van waar Fokof Bar oopgemaak het. Dié van julle wat ook destyds by Sidewalk Café in Sunnyside uitgehang het, sou miskien die eienaar, Stefan, se ander spot, Boogy Nights onthou? Nouma check hier – Fokof Bar is presies waar Boogy Nights altyd was. 297 Lynwood Road. Daai gaan ‘n baie belangrike adres vir baie mense in Pretoria word. Write that down.

Om terug te kom by die die stylvolle kroeg. ‘n Student is ‘n fokken kak ding. Ek weet, want ek was self een, maar ek het at least respek vir ander mense se eiendom gehad. Ek hoop van harte Pretoria en sy studente het respek vir hierdie kuierplek, loop nie met goed uit nie, skop nie kakhuise se deure in soos wat julle by Shaft en Arcade Empire gedoen het nie en het respek vir die dames wat hier gaan uithang en kuier. Gelukkig is the word on the street dat Fokof Bar die besoekersgetalle mooi onder beheer sal hou sodat dit lekker vir almal is en nie te crowded raak nie. En moenie try sterk wees of kanse vat nie, wat die bouncers is ook stylvol. En wanner hulle jou tune dat jy moet fokof, beteken dit dat jy verkeerd is en dat dit tyd is om te fokof by Fokof.

Kry jou by die bar!

griffinFokofpolisiekar – ‘n bende, ‘n boek, ‘n bier en nou ‘n fokken bar!

Gooi Comment