Die Wedding DJs klap ‘n extra special, once-off show by Mercury Live hierdie Saterdag!

In Watkykjy Gigs deur Chopper CharlieRek jou bek

Dis meer as vier jaar sedert die Wedding DJs hulle kort-kortbroekies en hightops aangetrek en Play gedruk het op ‘n cd speler in Kaapstad. Maar die manne is terug met die “beste” van daai tagtigs en negentigs tracks wat ons almal in die geheim love en lustig sing in die shower as ons beter helfte nie tuis is nie.

Saterdag 9 Februarie is die groot aand. Dis ‘n once-off reunion show en beloof om kliphard en aanhoudend te wees, bietjie soos Reel 2 Real se “I Like To Move It” op poesgroot speakers in ‘n klein kamertjie.

(Behalwe vir dié show, het Super Deluxe 3000 en Chopper Charlie ‘n sneaky appearance ingesit by Desember se Park Acoustics in Pretoria. Die ouens kan nie veel onthou nie, maar die foto’s lyk of dit heel lekker gegaan het.)

Hierdie naweek se show word genoem “I Get A Little Bit Nervous” en sal plaasvind by Mercury Live in Kaapstad, net langs The Shack in Zonnebloem. Deure maak al 18:00 oop vir spoedvang en van 21:00 af is dit heeltyd speeltyd.

Kaartjies is min en gaan vir R100 elk. Early Dancer tickets is nou beskikbaar deur Quicket op https://www.quicket.co.za/events/65746-i-get-a-little-bit-nervous/
Maak seker jou plekkie op die dansvloer is gebook pappie!

(Vir dié wat nog nie gehoor het van die Wedding DJs nie, hier’s ‘n voorsmakie…
Soos Tannie Bonnie Tyler gesing het destyds, “forever’s gonna start tonight!”

Fokkol verdere shows word beplan.

Op Facebook:
http://www.facebook.com/theweddingdjs/

 

 

Chopper CharlieDie Wedding DJs klap ‘n extra special, once-off show by Mercury Live hierdie Saterdag!

Gooi Comment