Churchil ruk groot kanonne uit vir nuwe album

In Watkykjy Reviews deur Kaptein Kortbroek1 Eiertjies

Finally ‘n fokken valid verskoning om Tweebuffelsmeteenskootmorsdoodgeskietfontein uit te skryf. As jy nog moes werk vir jou sakgeld en die tyd kan onthou toe dinge soos Facebook, selfone en die interwebs nie bestaan het nie, behoort Anton Goosen se Tweebuffelsmeteenskootmorsdoodgeskietfontein tune dalk ierwers ‘n klokkie te lui.
Dis ‘n classic en net so gaan ons met dieselfde nostalgie, dalk in 2039, met ‘n cyber implant-brein-speaker-kontrapsie na Churchil Naude se album, Kroesifaaid (2018) luister. Kyk, bra Church (soos die Liefdjieboer hom noem) het vir sy nuwe album die groot kanonne van alternatiewe Afrikaanse musie ingespan en saam skiet hulle aansienlik meer as twee buffels moertoe. Ek meen, as David Kramer in jou hoek boks… yes die legend wat altyd daai stopfad Volksie advertensies gelooi het, feature op track 9, Sê vir Mamma (en sommer jou tjommies ook ) en hy sing ook ‘n ding raak. Okay, fine dit is nou amptelik 2019 en dalk was dit hoogtyd dat old school ysters soos Goosen, Kramer en selfs Bacchus Nel die hip-hop genre betree.
Maar voor ons begin droom van krimpies wat mekaar 8 Mile style battle by ‘n braai – verstaan net mooi, die kak wat Snotkop en kie uitpomp is nie naastenby hip-hop nie. Inteendeel, as hy die album mooi gaan luister sal Koos Kombuis wens hy was dalk naastenby so cool soos die kêrels wat deel van die Ware Jakob uitmaak. Weer vir die generasie wat nog hulle eie holle kon afvee – mambas soos Jannie “Hanepoot” van Tonder, die tromboonspeler vir Gereformeerde Blues Band feature op Kroesifaaid.V oor hierdie ‘n geskiedenisles word – min genoeg youngsters maak deesdae uit van Voëlvry – kom ons kom terug na die tunes.

Met ‘n titel soos Kroesifaaid verwag mens nie dat die bra enigsins terug gaan hou nie. Onthou Church praat oor dinge wat saak maak, daily struggles, die kak wat in ons land aangaan en die varke wat alles opfok.
“Dit maak net soveel sin om jou dag met liefde te begin,” tune Churchil Naude.

Sy eerste album, Bruin Bliksem het ook ‘n persoonlike Watkykjy rekord tot gevolg gehad want dit was die eerste keer wat bra Griff een van my hoofopskrifte verander het. Let wel ek moes al “poes” in ‘n opskrif gebruik het. Hyt getune, noddefok kan ek bruin bliksmen in rassismal Afrika gebruik sonder om shots te vat nie. – https://www.watkykjy.co.za/2015/10/nie-alle-capies-support-die-all-blacks-nie/
As jy dalk al Bruin Bliksem geluister het sal jy beslis agterkom dat die baselines die keer (veral soos die album afskop) aansienlik dikker is. Dit pomp.
Wat my brein so bietjie weggeblaas het was hoe producer en medepligtige, Riku Latti, met beide lead en bass kitaar ‘n paar befokte riffs onder Church se stem ingewerk het. Met tye wonder ek of Riku en Les Claypool van Primus nie somehow dalk bloedfamilie is nie. Jackie Latti se freaky vocals range van tradisioneel tot iets wat die goth binne jou wakker sal maak. Dis insane! So gepraat van bloed, die song Die Bloed is dalk perongeluk ook my nuwe favourite op die album naas Suig My Samoesa.

‘n Guest appearance van producer Jahn Beukes het ook ‘n heel ander flavour tot die meer tradisionele rymkletser se bag of tricks gebring en gesorg dat Gideon Breytenbach met ‘n paar prentjies kon rondspeel. Ek meen, check die music video waarin Steve, ET, Hitler en sommer ‘n hele spul varke feature:

Dit het Churchil twee plus jaar geneem om die nuwe plaat uit te bring, maar die wag was sonder twyfel die moeite werd. Dit was ook fokken harde werk en geduld moes natuurlik toegepas word om van die groot kanonne in die studio te kry. Church en Riku het letterlik musieksnitte van die Grammadoelas (as jy weet wie die band is kan ons ook saam suie) in tribute formaat gebruik. Top of my head kan ek aan omtrent 15 mense dink wat iewers iets tot die meesterstuk bygedra het. Meneer Naude was te deur die kak om die syfer te bevestig.

Dan noem ek natuurlik nie eers die insette van plaaslike influencers soos Frazer Barry van Tribal Echo nie. Die album is about so diverse soos Mzansi op steroids. Kyk, Kroesifaaid skop hard aan die begin en word dan stelselmatig meer diep en tradisioneel. Dit was nie maklik gewees om dit by Pretoria parties te speel nie. Die boere in die geweste sukkel maar met dinge wat nie country is nie. Dit gaan ook ‘n rukkie neem om pos te vat onder die cool kids en moet ook nie wag vir om dit dalk eendag op RSG gespeel te word nie. Jy gaan dalk tot 2039 wag en dan is daar mos die brein-gadget-ultra-implant-radio.

Dit is een vir jou collection, ek soek die vinyl – maar vir nou is dit eers net op itunes, Spotify en sulke plekke beskikbaar.

Kaptein KortbroekChurchil ruk groot kanonne uit vir nuwe album

Comments

  1. Riku Lätti

    Dankie Watkykjy en Kaptein Kortbroek vir die befokte artikel oor Kroesifaaid. Ek wil net egter ‘n korreksiun maak, julle sê dat ek (wat Riku Lätti is) daai befokte basslines gejol het. Wel ek het paar van die basslines gejol, maar die beste ene van hulle almal op “Suig My Samoesa” is gespeel deur die incredible Schalk van der Merwe, en daai rural ene op die Bloed is gespeel deur Brain Cloete (die oukie van Namakwaland)
    Ek sê maar net, want hulle is befok en verdien om dit te hoor ook!
    Dankie

Gooi Comment