The Catharina! The Boutique Farm Festival interviews!

In Rolbees Reviews, Watkykjy Interviews deur RolbeesRek jou bek

Jirre, ek kan nie wag om hierdie Rasta broers en susters te sien uitfok op stage nie! Kom ons mission weer bietjie in ‘n ander musikale rigting. Die hele evolusie van The Catharina was nogal iets wat ek nie mooi voorheen verstaan het nie. Nou kan julle saam met my verstaan!

The Catharina! Tune bietjie die Watkykertjies. Musiek is al baie jare ‘n groot deel van jou lewe maar dis eers twee of drie jaar terug dat jy voltyds begin musiek maak het? Wat het jou inspireer om so stap te neem? Wat was die beweegrede?
Thanks, Rolbees. Ek glo alles het sy bepaalde tyd. Ek was altyd besig met musiek – studies, teater, dosent. Dit was ‘n hele “journey” voor ek tot Catharina ontwikkel het. Ek het baie jare musiek geskryf voor ek die musiek vir die eerste album begin skryf het. Ek reageer meer op my instink en gevoel. Dus voor 2016 het ek ‘n hele ander pad gestap. Elke maand ‘n stukkie van my salaris weggesit om my album te betaal en tussendeur was ek besig met studies. Dit was alles oor tyd. Ek moes soms besluit: nou het ek net tyd vir my studies anders gaan ek nie klaarmaak nie. So toe alles in plek was het ek drie jaar terug my album vrygestel, my werk gelos en “die droom” nagejaag.

Pienk hare is deel van jou brand en jy heg baie waarde daaraan wat simboliek aanbetref. Hoekom is dit so belangrik vir jou? Kleur jy dit self?
Die pienk hare was eintlik ‘n totale ongeluk gewees. Ek het in 2015 hierdie “mission” aangepak om regtig myself na te jaag en deel van die hele proses was om glad nie my hare te sny nie. Vrouens het hierdie absolute weird thing om hulle hare te sny as hulle deur pyn of teleurstelling gaan en ek het bietjie teen my eie behoefte om dit te doen gestaan. So na twee jaar wou ek myself beloon deur my hare ligpienk te kleur, wat totaal en al in hierdie vibrant pink “gefail” het en dit het sy eie identiteit aangeneem. Ek was heeltemal verlief daarop en omdat dit op ‘n tyd gebeur het wat ek regtig hierdie mylpaal behaal het, het dit ‘n groot plek ingeneem in my brand. It wasn’t planned, it just happened! Ek word tans geborg deur Le Cheveux. Maar neem asb kennis dat die “pienk ongeluk” my eie doen en late was – bokskleur by die huis het gesê ligpienk. Gelukkig het ek ‘n haarkapper wat die brand love en nou is ek in hulle sorg.
Hahaha! Cool stuff! Hoekom is jou verhoognaam (of die bandnaam) ‘The Catharina’? Is dit slegs jou middelnaam in die derde persoon, of is daar iets baie meer beduidend daaromtrent?
Ek voel, soos met alles anderste wat The Catharina betref, is daar ‘n verloop van dinge wat gebeur om tot hierdie punt te kom. As mens nou die besluit neem as solo artist, wat gaan jy jouself noem? Is die keuses: gebruik jou eie naam of kies ‘n nuwe naam? Catharina is my tweede naam, dis deel van my, maar dis ‘n ander ek. My naam Catharina het meer die musiek se wese geartikuleer as my noemnaam. Catharina is tog “untamed and pure”. En die res van die entiteit daarvan het sy eie ontwikkeling ingeneem.

Ek kry ‘n sterk gevoel van persoonlike en innerlike besinning wat jou debuutalbum, The Untamed Pure (2016) aanbetref. Dit het ‘n elektroniese ambient modern-rock sound met synth kitaar, groot dromme en baie spasie. Het jy jou klank dieselfde gehou van destyds af of het jy dit verder laat evolve oor die afgelope paar jaar? Hoe sal jy jou huidige klank beskryf?
Ek dink daar is hierdie ding wat gebeur in mens se musiek wat altyd ‘n goue draad vorm. Maar dat dit ontwikkel, definitief. As ek my nuwe musiek moet beskryf sal ek sê… ek dink dis eerlik, ek dink dit is op die oomblik baie meer “organic”. Dis verseker meer indie as voorheen. Maar ek bly lief vir spasie in musiek, vir ambient sounds en vir seker tromme en perkussie. En dan belangrik vir my is die storie wat met dit gebeur. Die vorige hoofstuk is verby so die nuwe hoofstuk klink anders.

Wat kan die feesgangers by die Boutique Farm Festival hierdie komende naweek verwag as hulle jou show gaan kokkenodge en beleef?
Ek gaan meerderheid van my nuwe musiek speel. Raldo Mattheüs (bass) en Udo Stehle (kitaar) sal my vergesel. Die kombinasie van hierdie twee talentvolle musos se spel saam met my op die keys create lewe in die musiek. Ek dink dit gaan baie rou wees, baie melodies en “vibrant”. En hopelik sal mense die hart van die musiek voel, want dis tog waaroor dit gaan?

Dit lyk asof jy al reeds baie van jou drome en verwagtinge laat waar word het. Wat is die volgende hoofstuk in die storie van The Catharina en watter doelwitte wil jy graag nog bereik?
Daar is te veel! Ek is soms te bang om van die idees te deel omdat nie alles gebeur soos mens dit wil hê nie. Maar op die oomblik is daar ‘n SA toer in beplanning. Ons hou duim vas vir ‘n oorsese toer, sommer hierdie jaar nog. Die nuwe album. En as ek mag groot droom sal ek absoluut teen begin volgende jaar die nuwe album met ‘n vol behoorlike klasieke orkes met dirigent doen. Plus… ek hoop vir ‘n cool collab met ‘n fab SA artist!

Is daar al van jou fans wat op ge-pitch het by jou shows met pienk hare?
Oh gits nee… hahaha! Maar as jy dit aan my vriende oorlaat sal hulle ander mense se hare by my gigs begin pienk maak… Kom ons kyk wat gebeur!

Thanks vir jou tyd! Sien uit na die naweek!
Baie dankie Rolbees en WatKykJy! Ons is net so excited! Sien julle daar!
xxx

CLICK HIER OM JOU TICKETS VIR HIERDIE NAWEEK TE KOOP (25 – 27 JANUARIE)


RolbeesThe Catharina! The Boutique Farm Festival interviews!

Gooi Comment