Prof. Bokdrol se zefspotting skop 2019 af

In Zefspotters deur griffin1 Eiertjies

Dis ons eerste post op Watkykjy vir 2019 – die jaar waarin ons die website se 19de bestaansjaar enter, sommer so van agter af sonder ‘n effie. #Morsig!

Ons skop die jaar sommer ook af met ‘n zef bydrae van een van ons long-time supporters, Prof. Bokdrol – ‘n man met ‘n fyn opgeleide oog vir zef wat altyd gereed staan om ‘n kiekie te kry, sommer so in die ry meeste van die tyd. Want dit smaak ons die man ry SA plat.
#FlatEarth

Wat gaan ons in 2019 doen? Fokweet. Seker net voortfok soos altyd. Wat wil jy hê moet ons doen? Tune jou idees (en jou zefpotter bydraes na griffin@watkykjy.co.za)

Vir nou is Prof. Bokdrol aan die woord:

Vlagplakkertjie fail. As jy dink die res van ons is te stupid om te weet uit watter land originate jou wiele, plak ten minste die fokken ding regte kant bo. Jirre. At least plak die Alfa en BMW aficionados die Portugese vlag regte kant boontoe. #SchwartzRotGold
Inderdaad. “Gods, Ora…hoekom sit jy so ‘n kak nommerplaat op jou kar?”
Gepraat van doucheplate….check hierdie clutchplate wat ek so ‘n paar weke gelede gespot het in Pinetown.
Bietjie vêr van Loftus af, my ou. #OnsBallasIsBlou
Pretty wat? Pretty lame? En John Deere behoort hom te dagvaar vir naamskending.
Clearly not dating material, then.
Krismis in my valley…lekker Moot, ek sê. Ek kan nog die robot-bedelaar regs miskyk, dis normaal. Maar fokkit dude, daai wit mags is ‘n skande op die buurt. Netnou dink mense Liberace het skielik sy butch kant ontdek. Huistoe in Danville, ‘seblief.
#Zefspotters
Ek dink hierdie porky-rears firma vat nie kak nie.
Variasie op die doucheplate: ander hondkak dinge om met jou kar te doen.
En as jy nie ‘n doucheplate kan bekostig nie, dan maak jy sommer vir jou ‘n sha na na douchebadge.
Die fokker! Wel, at least weet ek waar om hom op te spoor as ek hom wil dagvaar vir plagiaat.
Place your ad here

griffinProf. Bokdrol se zefspotting skop 2019 af

Comments

Gooi Comment