Litnet – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffin en Chopper CharlieRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.

LitNet
Sedert die taal se ontstaan het Afrikaans nog altyd ‘n lewendige literaar gehad. Ons mense hou van poësie, ons hou van versugting en ons hou van skryf. En seker omdat ons begin het as Boere op plase met vellies, biltong en Sannas, laaik ons dit deesdae moerse om grand te voel. Die moderne Afrikaner is intellektueel, ons kan rym en ons hou daarvan om taal te bespreek en oor diep sake te debatteer.
So kry jy nou LitNet – ‘n goeie voorbeeld van kwantiteit bo kwaliteit. Woorde orals, hyperlinks orals, skrywers orals. Jy sal selfs vir Koos Kombuis hier kry.
En goeie literatuur? Man, nie soveel as wat jy dink nie. Meestal maar ouens wat probeer, onsettend baie infantiele digkuns en dan onmoontlik-lange debatte oor taal, kuns en kultuur.
Het iemand vir my ‘n Rennie?

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.


Place your ad here

griffin en Chopper CharlieLitnet – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

Gooi Comment