Kunsuitstallings – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffinRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.

Kunsuitstallings

Kaas. Wyn. Pretensie. Klink dalk na ‘n cliché, maar by elke liewe kunsuitstalling waar ek al was is ek deur presies hierdie cliché begroet. Swartraambrille. Lelike rokke. Kaal voete.
‘n Paar kunstenaars nooi mekaar uit na hul nuutste uitstallings, en daar’s tragies slegs enkele kopers wat lui-lui om die designer snacks brom. Wyn word geteug, nonsens word gepraat totdat mens uiteindelik met ‘n rede vorendag kom om te gly sonder om die kunstenaar se gevoelens té seer te maak.
Nog ‘n openingsaand verby. Tot volgende keer. Sug.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.


Place your ad here

Hierdie post is 3 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 32,948 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinKunsuitstallings – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

Gooi Comment