Boutique Farm Festival was ‘n fokken jol!

In Rolbees Reviews deur Rolbees1 Eiertjies

Fotos deur Henry Engelbrecht, Sandra Joubert en Kerry-Anne
Wat het Fyre Festival (Fyre) en Boutique Farm Festival (BFF) in gemeen? Die kort antwoord is fokol. Well, beide die organisers het uitstekende bemarkingsveldtogte gehad, dis vir seker. In BFF se geval het dit al maande terug verlede jaar begin. On-line videos wat onderhoude met diensverskaffers en kunstenaars insluit, kompetisies om ‘n kitaar en skateboard te wen, ‘n Donald Trump spoof video, promotional artikels op blogs met genoeg following en clout, radio onderhoude, the works. Maar waar Fyre ‘n moerse idiliese verwagting geskep het en op die ou einde net ‘n bedrog-en-kak-spul opgelewer het, het BFF wat die line-up, die venue, bands se performances, die gees, die mense en die kos al my verwagtinge oortref. Ek drink nie, so daar was nog lekker bier en brandewyn ook vir die suiplappe.

Ek dink omdat BFF as ‘n intimate festival bemark is, het meeste van ons wat daar was nie eens agtergekom daar was net die helfte feesgangers daar nie, met ander woorde ticket sales was net die helfte van die maksimum waarvoor die organisers beplan het. Expectations were met, anyway. Daar was ‘n dik gees en dit was vir almal met wie ek gepraat net ‘n amazing experience. Selfs al het dit gereën Vrydag en Saterdagaand. Die tyd het net veels te vinnig verbygevlieg. Always a good sign.

Daar was baie ander mense daar wat nie normaalweg deel is van die Tweefontein Melkery crowd nie. Kief mense van plekke soos Middelburg, Rustenburg en selfs Durban wat daar opgepitch het en hulle gate uit geniet het. Tweefontein Melkery is meestal onderdak met ‘n great atmosfeer binne, maar as dit nie reën nie, is die groot probleem met daai venue, dat mense te lekker buite in die plaaslug en voor die bonfires kuier – en dan vergeet hulle soms om binnekant die bands te kom support. Vir my was die reën dus baie welkom en die vibe was perfek voor die stage.

Ek skat vir die organisers was dit ‘n tight-rope act as dit by profit margins kom. Is dit nie altyd nie? Maar omdat daar nie maximum ticket sales was nie kan dit net ‘n major pyn in die gat wees vir hulle. Die Millennial rykmanskinders wat Fyre toe wou gaan het money to burn gehad. BFF is nogal ‘n diverse crowd maar die mense moet budget hier. Die organisers het die risiko gevat om dit in Januarie te hou, so there’s that. Dis obviously die moeilikste maand (vir meeste mense) wat hulle finansies aanbetref, of jy nou ‘n familie het en of jy ‘n student of ‘n single ouer persoon is.  Ons almal het dit tough die eerste maand van die jaar, maak nie saak watse salaris jy verdien, of hoe groot musiek fan jy is nie.

My initial gevoel was net ‘n klein persentasie mense gaan geld wegsit vir ‘n festival in Januarie in hierdie ekonomie of selfs lank voor die tyd kaartjies koop. Die kombinasie van last minute syndrome en Januworry is nie ‘n goeie een nie. Die marketing campaign het my baie meer hoop gegee vir maximum ticket sales, though. Maar mense gaan weg met vakansie in Desember en dan is dit nog Kersfees en al daai throwing-money-at-the-problem kak. As mense kids het, dan is dit nog back-to-school-is-cool onkostes ook. Verder is mense se krediet en/of budgetbeplanning (en wiskunde) heavy tos as dit by international bands kom, maar as dit by local bands kom (and I suppose nuwe festivals) dan tel hulle daai laaste sente mos om en om, ewe skielik.
In BFF se geval het (statistically) die helfte hulle budgetbeplanning mooi gedoen en opgedaag. Wat nog steeds fokken amazing is vir so vroeg in die jaar, mind you. Weereens, skryf ek dit toe aan die befokte marketing campaign en natuurlik die befokte line-up. Ek sal nou by die bands uitkom, hang bal. Die bottom line is: dis kief vir ons music fans as ‘n festival so eksklusief is maar dis ‘n fokop vir die organisers wat die boeke moet laat klop. Paar mense met kids wat nie kon kamp nie, en wat ek genooi het, was nie bereid om net vir een aand deur te kom teen die volle naweekprys nie en daar was geen day rates nie. Verlore inkomste, daai. Of course, waarmee ek besig is, is hindsight critique. Vir dié van julle wat my objektiwiteit bevraagteken – ek was nooit betrokke by die besigheidskant van enige iets in die musiek en vermaaklikheidsbedryf nie. Dis te harde werk en stress vir mym, maar ek het baie respek vir organisers se dedication en balls in hierdie tye. BFF se organisers sal seker moet teruggaan na die drawing board toe om meer van julle stupid ass motherfuckers daar te kry volgende jaar.

So hier is ‘n kort snapshot van die awesome festival experience wat ek gehad het by BFF2019 en dit wat julle wat nie daar was nie gemis het. Die Highlights van Vrydagaand? Pedro Barbosa het eers sy hele dop oor my jeans uitgegooi (per ongeluk, hahaha) en toe die festival met sy kenmerkende passie vir ‘n klomp verskillende genres afgeskop. For some reason het hy en Mat Metcalf besluit om ‘n unrehearsed colab te doen van ‘n Calling Kingston tune, Mambo Jumbo. Porra- reggae-rap-en-boom! Yebo, dis wat great festivals maak! Onbeplande jams wat die crowd omkant vang en laat boogie. Die gees was daarna met ons. Oral en sonder ophou.
Mense wat Zionruts Family al jare dophou kon nie glo hoe tight hulle geword het nie. Rutmans Spice kan ‘n crowd deesdae beheer – dis vir seker – en sommer saam laat bons as hy daai kenmerkende danspassies van hom uithaal op stage. Die bra moet gearresteer word vir incitement to peace and love riots. Die nuwe drummer kan nou weer ‘n ding met ritme stukkend bliksem. Joh. “Take it down low…take it down low…listen…listen”.
Die See se musikale vermoëns en lirieke het my baie impress. Ek het hulle jare laas live gesien. Jy sit so stil en neem dit net alles in. Dis ‘n psychedelic ondervinding in Afrikaans. Koos Doep op LSD in die hemel, terwyl hy seventies Floyd tunes luister. Maar daai lirieke… what a mindfuck.
Die Mystic Boer self het daarna ‘n acoustic set gedoen wat die legitimiteit en gees van die verrigtinge net nog meer versterk het.
Ek sou sê die verrassing van die aand vir my was Bad Peter. Hulle sound, die akoestiese kitaar vibes, die hooks en vocal harmonies. Beautiful pantydropper tunes.
Ek het nie veel verwag van Die Horries musically op daai spesifieke aand nie want Illimar Neitz, hulle kitaarslaner, het sy elmboog gebreek vroeër hierdie maand. Maar met die vurige vlamvreter, Vici Maud Fourie op lead en Illimar met ‘n robotarm wat ‘n Korg Mini 700 Synthesizer begin wurg daar saam met die res van Die Horries, was die spul nogal erg aan die brand. Dale McHardy (Son of Hawk) het die kitaarspel oorgeneem en ‘n pretty damn goeie job gedoen. Dit was kind of weird want dit was ‘n hele ander sound vir hulle. Hardhitting en amper meer industrial metal. Just goes to show, you can’t hold a dedicated musician down. Sho, wat ‘n aand! Ek wil gou eers iets oor die kos sê, anders gaan ek vergeet. Daar was ‘n verskeidenheid kos van pizzas, burgers, boeries en pulled pork sandwiches. Ek het vasgehaak by die pulled pork hierdie keer!
Saterdagmiddag het ek veels te laat daar ingerol maar die gees was nog sterker as die vorige aand. Daar was baie meer mense gewees en ‘n groter buzz binne die Melkery se bar ook. Ek het ongelukkig The Catharina gemis en net Werner Bekker se laaste song gevang. Damn it. The Amblers en Greg and the Organics se vibe het ek meestal van ver af geniet maar ek kon sien die mense daar voor het dit kwaai gelike. Ek het eers weer nader gerol toe Georgetown begin gooi het. Jirre, dit was een van die beste sets van die festival wat ek beleef het.  Ek kry sommer weer hoendervleis. Thanks vir daai E.L.O. cover, dudes! Jeff Lynne se Moses. Jy weet die fokop vir my met hierdie festival was daar was net te veel goeie bands op die line-up, hahaha. WTF? En hulle het almal hulle A-game gebring. *Kla so met die witbood onder die arm* Tussenin wou ek nog kuier met vriende en nuwe mense wat ek ontmoet het ook.
Wolfgang Marrow, Apocalypse Later, Radio Kalahari Orkes, Velves en Son of Hawk. Almal befokte sets gehad! Ok, Son of Hawk was laaste en was nice genoeg om met WONDERboom om te ruil. Die mense was teen daai tyd moeg en dronk maar hulle het steeds ‘n goeie show gegee. Maar ek wil twee bands uitsonder. Een nuwe band en probably een van die mees ervare bands in die SA bedryf. Julle weet mos.
Calling Kingston kan ‘n party in ‘n ouetehuis aan die gang kry net na medisynetyd. Sulke ragga-rap-dancehall of hip hop reggae rock tunes. Wat jy dit ookal noem, dis aansteeklik, en dis befok!
WONDERboom het die grootste crowd daar voor die stage gekry en die kak uit almal ge-rock. Om vir Big H te quote “daar is ‘n rede hoekom WONDERboom so suksesvol is. Hoekom dink jy het Guns and Roses hulle gekies?”
Exactly Big H. Exactly. Wayde, hulle bass player, het amper sy stuitjie gebreek toe hy op ‘n kabel gegly het maar hy het net aanhou bass tokkel terwyl hy daar gelê het. Hy staan toe summier op asof fokol gebeur het. Great recovery, Wayde. Cito is ‘n legend frontman en trek energie van die crowd en voer hulle eie energie terug vir hulle. Recycled gees. Ek het op ‘n stadium reg voor saam met Cito uitgefok en some dude het my arms opgelig want ek kan nie self nie. Paar sexy girls het my kom hug for some reason. Hehehe. Crazy rock and roll shit!
Ek wou graag Sondag gaan om nog meer befokte artists te sien maar ek moes kos gaan koop – anders eet ek nie – en quite frankly was ek doosmoeg en paralatic tot Dinsdagoggend. BFF het die Rolbees plat gehad. Befok!

Ek hoop julle bou hierdie een na groot hoogte toe!

RolbeesBoutique Farm Festival was ‘n fokken jol!

Comments

  1. Jolene

    What ‘n absolutely befokte jol! Tip of the hat guys! Sien julle volgende jaar ❤️

Gooi Comment