Boutique Farm Festival – Het Donald Trump sy goeie musieksmaak vir die wêreld weggesteek? 

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Ek het nog nie eens begin dink wat die eerste band sal wees wie se album ek in 2019 gaan review nie. Ek is nog half vakansie-breindood. What the hell do you want from me? Anyways, gisteraand kry ek ‘n oproep van iemand wat vir my nes Donald Trump geklink het. Ek het eers gedink dis Griffin wat dink hy is fokken Leon Schuster en die gek skeer met my, maar Griffin is nie so verbeeldingryk nie.  Die persoon aan die ander kant het net onsamehangend gemompel. Al wat ek kon hoor was “Botox Fart Festival” en “the best we got are tits.” So iets. Die oproep het amper so vinnig geëindig as wat dit begin het. Ek was die nuuskierigheid vansself so ek gaan Google toe maar wat ek dink ek gehoor het. So tussendeur al die weird porn wat my soekresultate opgelewer het, kom ek so waar as wragtag op hierdie video van die oranje dweepsieke af. En mense sê jy moenie alles glo wat jy op die internet sien nie? Lyk heel legit vir my. Het Donald Trump tot nou toe sy goeie musieksmaak vir die wêreld weggesteek? Amper soos sy Russiese konneksies.

Check net hierdie festival se line-up waarin hy beweerdelik miljarde belê het onlangs:
Werner Bekker
Die Horries
The Amblers
Fritz Gun
Apocalypse Later
The Catharina
Wolfgang Marrow
Calling Kingston
Georgetown Band
Zionruts Family
Kenny Hughes
Die See
Son of Hawk
Greg & The Organics
Pedro Barbosa
Bad Peter
Valiant Swart
Velves
Radio Kalahari – RKO
WONDERboom

Ek het actually al ‘n moerse klomp van hierdie artists se musiek review. Ek voel nou sommer sleg dat ons ou komkuif soveel kak gegee het oor die jare. Ons is verskriklik jammer Donald, man. Watkykjy sal dit nooit ooit weer doen nie. Ons belowe.

So vandag het ek gedink ek gaan ‘n paar van die “best artists they got”, en wat ek nog nooit review het nie, se musiek op Spotify opspoor en my vinnige opinie daaroor gee.  Miskien is hulle befok? Dankie Ou POTUS, man! Jy is die beste!

Fritz Gun?
Mmmm, sy EP genaamd What you Are (2016) het sommer dadelik my aandag behou. Dis old school sounds hierdie, baie reminiscent van die eighties pop-rock wat op die charts was way back when. Darkness Express is sommer dadelik my favourite song. Very Bryan Ferry-ish maar die tunes is ‘n dash meer acoustic kitaaraangedrewe. Fume het weer ‘n meer acoustic folk sound. Gaan luister sommer die hele EP. Dis fokken kief luister musiek.

Werner Bekker
Kom ons hou vir nou by die acoustic vibes. Werner Bekker is ‘n meester van fingertapping kitaarspel. Eddie van Halen het dit famous gemaak en blykbaar sy idees gekry deur Jimmy Page dop te hou tydens sy Heartbreaker solo.  Sedertdien het hordes artists dit in hulle kitaarspel gebruik maar Werner Bekker het sy eie chilled AF en unieke manier ontwikkel om dit te doen. Die feit dat hy sy kitaar op sy skoot jol herinner my nogal aan oorlede Jeff Healey se manier van tokkel. Werner Bekker het ook al twee EPs op Spotify.  Maar doen jouself ‘n guns en luister sy nuutste single I’m with you. Beautiful song met ‘n dik vibe en die songwriting is tops. Billboard Top 100 hoendervleis. Jirre.  Hy was nou die dag in die Huisgenoot en op SABC TV ook. Gelukkig vir al die regte redes.

Die See
Alhoewel ek nog nooit op Watkykjy hierdie rampokkers ge-feature het nie was dit die eerste band wat ek ooit ge-interview het. Way back when in 2010. Terwyl ek in die tronk was het ek op Johan Vos (guitarist vir Polar Dust) se website www.musiekvraat.com daai tyd interviews en reviews geskryf vir ‘n ruk. Dit bestaan ongelukkig nie meer nie en die tronk het my anyway te besig gehou, maar lang storie kort: ek moes quit. Die See het however nie opgehou musiek maak nie en hulle donker Pink-Floyd-wat-Syd-Barret-snuif-meets-Koos-Du Plessis sound op die debut album is net nog verder ontwikkel op hulle tweede album genaamd die SEE II. Kyk ek sê nie jy moet balls to the wall trip as jy hulle musiek luister nie, ek sê jy gaan anyway as jy dit hoor.

Bad Peter
Laastens, net om billikheid en gelykheid te laat geskied, kom ek kies ‘n band wie se musiek nou nie juis voorheen my persoonlike smaakpappillen laat opvlammen heb niet. Ek het hulle al live sien optree en weet hulle kan ‘n moerse party opstook, en die mense love hulle big time. Ek is seker al weer die odd one out. So as julle wil stupid raak op ‘n Sondag. Of ‘n Vrydag. Of ‘n Saterdag. Luister na die leier van die vrye wêreld en fok na die “Botox Fart Festival” toe. Mmm, Bad Peter klink actually nie te bad nie. Sal hulle moet uitcheck daar.

Ek sal volgende week ‘n paar van die bands interview ook. Welkom terug by Rolbees Reviews. Dis 2019 en een jaar nader aan die totale verwoesting van die heelal.  Geniet dit terwyl jy kan!


RolbeesBoutique Farm Festival – Het Donald Trump sy goeie musieksmaak vir die wêreld weggesteek? 

Gooi Comment