Vat Vyf! Week 45 van 2018 – die Oos-Kaap word die Doos-Kaap

In Wat is nuus? deur PK MalherbeRek jou bek

1) Politici. Die fokweet. Gee vir hulle die pinkie en hulle gryp die hele hand. So kom ons breek ‘n lansie vir Minister van Binnelandse Sake, Malusi Gigaba. Want hierdie week het hy die pinkie vir Suid-Afrikaners gebied. Kom ons gryp albei sy hande en LOL vir hom. Toe Mbuyiseni Dlozi van die EFF hierdie week in die parlement vir President Cyril Ramaphoas noem dat daar dalk aan sekere lede van die parlement selfone sonder kamera’s gegee moet word, was Gigaba se reaksie om sy pinkie te lig. Pinkie lig word mos maklik met klein pielietjie sindroom vereenselwig. Nogals riskant vir iemand van wie daar ‘n selfoonvideo versprei is van waar hy ‘n dratie vang. Dom donner. In fact, ek begin al vir Fikile Mbalula mis.

2) So gepraat van blanks skiet… ‘n man is hierdie week gearresteer toe hy ‘n juwelierswinkel in Brakpan probeer beroof het met ‘n toy gun. Nou kyk, van daai speelgoedgewere is moerse realisties. Maar dis Brakpan mense en ek vermoed selfs Roy Orbison sou kon sien dis ‘n fokken fake. Ewenwel, toe ‘n werknemer van die winkel vroegoggend oopsluit, het hy haar met die gun binnetoe gedwing. Sy het ongesiens die panic button gedruk en sekuriteit was op die toneel voor jy kon sê “Hande in die lug want ek’s terug op die brug.” Wat my gat se deksel is though, is die polisiewoordvoerder wat op record is dat die man gearresteer is op aanklagte van diefstal en die besit van ‘n wapen. ‘n Plastiekwapen. Hierdie manne speel nie rond nie.

3) Naamsveranderinge is weer vars onder bespreking, hierdie keer in die Oos-Kaap. Port Elizabeth en Uitenhage, kom asseblief na die verhoog toe. Voorgestelde nuwe name vir PE is Gqebera, I-Bhayi, Nelson Mandela City en Jurie Elsville. Die voorstelle vir die Port Elizabeth Internasionale Lughawe is Nelson Mandelabaai Lughawe, Nelson Madela Lughawe, Raymond Mhlaba Lughawe, Sipho Hashe Internasionale Lughawe, David Stuurman Internasionale Lughawe, die Khoi-San Internasionale Lughawe en Jurie Els Landingstrook. En Uitenhage, julle kan dalk binnekort bekend staan as Garden Town (I shit you not), Kariega, Tolofiyeni, Kamesh en Jurie Els City. Hahahahaha, ok, die Jurie Els goedjies is sommer ‘n grap. Maar dan weer, so is die fokken beheptheid met naamsveranderinge in hierdie land.
4) ‘n Leerling aan die Kimberley Boys High School se einde-van-die-jaar opgewondenheid is effe afgewater nadat hy geskors is omdat hy ‘n bottel water op sy onderwyseres se kop uitgegooi het… ten aanskoue van al sy klasmaats. Duidelik ‘n mannetjie wat in ‘n klas van sy eie is. Veral noudat hy geskors is en sy eksamens by die distrikskantoor moet skryf. Dit sal die bogsnuiter leer. Graad 9 en hy is effe gevak.

5) 69. Baie mense se gunsteling Bryan Adams geassosieerde somer. Baie mense se gunsteling nompies-nompies posisie. Maar Emile Ratelband van Nederland wil niks met 69 te doene hê nie. In fact, die 69-jarige dring daarop aan sy ouderdom op sy geboortesertifikaat verander moet word na iets in die 40s want dis hoe oud hy voel. Hy reken dis dieselfde as mense wat geslagsveranderinge ondergaan en glo dat dit sy kanse om ‘n romantiese sielsgenoot te vind, aansienlik sal verbeter. Wat ook al Emile rook kan nie wettig wees nie, but we want some. Laat die boef van Brakpan na ‘n Dux-leerling lyk.
Place your ad here

PK MalherbeVat Vyf! Week 45 van 2018 – die Oos-Kaap word die Doos-Kaap

Gooi Comment