Stone Cold Jane Austen – rock ‘n roll souties rip hulleself onbewus af

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Rob Van Vuuren en Jon Savage (wat ook die writer en director is) is die twee band members in die rock band, Stone Cold Jane Austen. Rob speel die rol van Karel en Jon speel die rol van Johnny Van Heroin. “Fokken lame!” skiem jy, “dis ‘n rip-off van Francois Van Coke en dis onoorspronklik!”. OK, maar nou moet jy onthou dat hierdie ‘n mockumentary is en in hierdie universe, was Stone Cold Jane Austen 10 jaar voor Fokof op die map gewees, so Francois van Coke het vir homself actually ‘n lame stage persona gaan uitkies wat gebasseer is op Johnny Van Heroin. Dis in elk geval ook ‘n lekker middelvinger aan die Afrikaanse sangers wat skiem dis befok cool om voëlvry ouens soos Koos Kombuis en Valiant Swart te cookie cutter en hulleself ook ‘n eerstenaam te gee gevolg deur een of ander dier, implement, instansie of vertrek in die huis of net iets wat alletereer: Piet Planter, Chris Chameleon (wie ook in die movie is), Bok van Blerk, Abel Kraamsaal, Gian Groen, Willim Welsyn, Thys Nywerheid en die lys is probably langer as wat ek from the top of my head kan onthou. Waar is die chicks? Waar is Karen Kakhuis, Bettie Badkamer, Sandra Sitkamer, Saartjie Stoep en Sunet Slaapkamer? Komaan, girls, up julle fokken zef game!

Jirre, raak ek nou side-tracked. Daai hele naamstelery tussen Francois Van Coke en Johnny Van Heroin kom eintlik lekker volsirkel wanneer jy agterkom dat Johnny se naam eers Johnny Van Daggapyp was. Francois het in die meantime met ‘n cooler naam opgekom wat gebasseer was op Johnny van Daggapyp en Johnny het op sy beurt weer ge-upgrade van dagga na heroin, figuratively speaking, natuurlik – Rob en Jon se karakters is about die verste wat jy kan kry van rock ‘n roll af.

Die movie skop af met Rian Van Heerden (wat homself speel) in die rol van ‘n tv talk show host. Hy interview vir Wynand van Fokofpolisiekar asook een van die band members van Stone Sold Jane Austen – Johnny. Die bra claim dat Fokofpolisikar songs by hulle gesteel het meer as ‘n dekade gelede, maar Wynand sien dit meer as Fokof wat opgekyk na Stone Cold en hulle as inspirasie gesien het vir Fokof se musiek en image destyds, Maar dit was tien jaar gelede en Fokof het super large gegaan intussen en Johnny is fokken suur daaroor. Hy like Wynand se opregte verduideliking net mooi fokol. In fact, hy soek 90% van Fokof se royalties asook ‘n public apology. Dinge raak heated en die ouens gaan mekaar amper te lyf, maar dis Rian wat ‘n poesklap en ‘n blou oog kry op live TV …

Die movie is propvol bekende gesigte – Kahn van Parlotones, Heuwels, Catherine Grenfell, Laudo, Francois Van Coke (actually almal van Fokof), Dianne Coetzer van voormalige Rolling Stone SA magazine, Randall van Idols en Universal Music, Jack Parow en die lys blyk eindeloos te wees. Elke nou en dan pop daar iemand wat jy herken op in ‘n interview. As jy die komiese, oordrewe acting van Johnny uitlos en net vir iemand wat lanklaas in SA was, net die interviews van die mense in die music industry wys, sal hulle probably ‘n “holy shit!” oomblik beleef, want die interviews kom baie outentiek voor. Die “regte” mense wat ge-interview word, kom actually meer real voor as die akteurs se acting. Dit maak vir ‘n lekker mix om die kyker te herinner dat hierdie ‘n mockumentary is in plaas van ‘n documentary. Die movie is wel drie jaar oud, maar dis belangrik om tussen daai lyne te onderskei, veral deesdae met fake news en poesdom mense wat ons omsingel.

Vinnig op ‘n tegniese punt: Tipies Suid-Afrikaanse styl, kan daar nie net ‘n movie gemaak word met ‘n straight up budget nie – elke moontlike sponor, vriend, connection en familielid moet betrek word en daar moet gebedel word. Dis ongelukkig nou maar net die nature van die local filmindustrie. Marshall Music het vir die instrumente gesorg, PR companies wat gewoonlik by festivals betrokke is, het betrokke geraak by die movie se PR. Daar was even brand development van die Stone Cold band self, wat deur TBWA/Hunt/Lascaris onder vlerk geneem is. Tipiese agency vibes en mens wonder hoekom daar brand development moes wees? Die band self is tog net ‘n karakter in ‘n movie, right? Ek sien nie coffee mugs en bed sheets by Mr Price Home nie, so how dit that work out for you? Cocaine, enige iemand? Jokes, hoor? *vryf so hare deurmekaar* Een van hulle werk seker daar …

Terug by die movie: een scene wat verbasend goed uitgewerk het met product placement, was Karel se day job. Musos in SA kan mos nie net van musiek en hulle eie ego’s af leef nie en het meeste van die tyd day jobs wat wissel tussen awesome, boring en what-the-fuck? Karel werk by King Price insurance. Toe ek die King Price insurance banner sien op-pop by sy “werk” het ek amper in my broek gekak want “ag jirre, there we fokken go again with the prodcut placment”, maar die manier hoe die interview by sy “werk” en met sy baas, die CEO (die for reals een) gedoen is, was fokken slim aanmekaargesit. Sulke slaak van verligting. Good job, guys.

Ek wil nie te veel weggee nie, want die movie is genuine die moeite werd om te kyk en jy kan probably vir jouself uitwerk in watter rigting dinge gaan ontwikkel. Daar is altyd ‘n resep vir sulke movies. Daar is nie te veel om jou af te sit nie. Check, die karakters is reeds poes lame, maar wat dinge nog verder vererger vir die duo is die feit dat hulle besluit om om ‘n come back te maak en Afrikaanse musiek te maak, want soos almal weet, is dit waar die geld lê in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie. Die fokken goue eier. As jy wit en Afrikaans is en autotune effens ken en ‘n laptop het. Of Refentse is. Die grootste struikelblok is dat Johnny en Karel (ironiese naam, right?) so fokken erg soutpiel is as wat dit kan kom – nie net as karakters nie, maar in die regte lewe ook – dat die cringe verder as net die movie strek. Engelse mense like dit befok erg om Afrikaanse mense af te rip, maar hulle begrip van die taal, laat hulle altyd in die steek. So, die manier waarop hulle Die Taal probeer afrip sê baie meer oor hulleself as wat dit oor Afrikaans en Afrikaanse mense sê. Al ooit gesien hoe engelse Suid-Afrikaanse mense dink die woord ‘poep’ of ‘poephol’ die fokken snaaksste woorde ooit is? I rest my case.

En daai is probably een van die main redes hoekom jy hierdie baie gaan geniet, want oor die algemeen praat Afrikaanse mense beter engels en het ‘n beter begrip vir engels as wat Suid-Afrikaanse engelssprekende mense, Afrikaans praat en begrip vir die taal het. Ons het net soveel meer humor in ons arsenaal en ons kan lag vir die ouens wat struggle om ons te emulate want ons ken beide kante van die coin en hulle net een. Yay! Ons wen!

Daar is ‘n hele klomp lekker surprises in Stone Cold Jane Austen, veral as jy music fan is. Sluit aan by Showmax se free 14 dae trial en kyk dit gerus. Jy kan vir 14 dae lank verniet kokkenodge en deur ure se kykgenot krap en dan besluit of jy wil aansluit teen R99 per maand. Kanse is baie goed dat jy jou subscription sal wil hou. Daar is kakbaie nuwe reekse wat verlede week releasse is waaroor ons nog kan gesels, so gaan krap gerus rond.

griffinStone Cold Jane Austen – rock ‘n roll souties rip hulleself onbewus af

Gooi Comment