Score ‘n stel double tickets na Guns ‘n Roses!

In Kompetisie deur griffinRek jou bek

Tyd het nogal gefokkenvlieg. Dit voel asof dit nog laasweek was toe daar announce is dat Guns ‘n Roses Suid-Afrika deel van hulle Not In This Lifetime Tour maak. Die Fillistyne is op ons! Volgende Donderdag (29 November) klap Guns ‘n Roses SA hard by die FNB stadium. Dis een van daai gigs wat oor ons radar gekom het en sommer weer verdwyn het en ‘n hele klomp van ons en ons tjommies het verlede week eers wakkergeskrik en tickets gekoop. Maar ons het fokken mooi wakkergeskrik – ons het toe sommer ook ‘n 70-seater bus gereel om ons partytjiegatte Joburg toe te vat vir die historiese gebeurtenis.

Jy kan steeds tickets kry by Computicket en die pryse begin by R515.

Daar is egter nog ‘n opsie – jy kan jou luck hier op Watkykjy ook probeer om ‘n stel double tickets te wen. Dis nie golden circle tickets nie, maar dis naby genoeg aan golden circle. O ja, en jy moet obviously by concert kom op eie stoom. Ons sal een e-mail entry per persoon aanvaar. Daar is twee maniere om vir die kompetisie in te skryf. Die een is die doodgewone manier en die ander een gee jou 3 entries en verbeter dus jou kanse. Jy is vry om enige van die twee metodes te kies. Met die eerste metode wil ons hê jy moet jou favourite Guns ‘n Roses foto op die interweb gaan soek en email na griffin@watkykjy.co.za en in een sin verduidelik hoekom dit jou gunsteling foto is. So maklik soos dit. Met die tweede metode moet jy dieselfde doen as in metode een, maar ons vra een ekstra stap van jou af: e-mail ‘n screenshot van jou ticket wat jy tussen vandag (19 Nov) en Woensdag (21 Nov) koop na die Boutique Farm Festival wat in Januarie plaasvind en jy kry jou gewone entry plus 2 ekstra kanse.

Aan elke inksrywing wat ons ontvang vir metode 1 sal ‘n nommer toegeken word. Aan elke inskrywing wat ons vir metode 2 ontvang, sal 3 nommers toegeken word. Die hoeveelheid nommers word dan op random.org ingegooi en ons kies die wenner op hierdie manier. So maklik soos dit. As ons geen inskrywings ontvang nie, sal ons die tickets in die Jukskeirivier gooi soos Steve Hofmeyr of vir een van ons tjommies gee. En moenie huilerig raak nie. Hierdie is ons speelgrond en ons reels.

Jy het net tyd tot hierdie Donderdag 15:00 (22 Nov) om in te skryf, so doen dit sommer nou voor jy daarvan vergeet. Hierdie vinnige quickfire kompetisies op Watkykjy het ‘n manier om vinnig… jirre, kyk daar is ‘n goudvissie! Wat? Presies.

En groot asselief: Saam met jou entry, gee ons asseblief jou naam, van, ID nommer en selfoonnommer sodat ons van die begin af die regte info het om jou mee te kontak. Jy moet ouer as 18 jaar oud wees om in te skryf.

O ja, ons deal nie met huilerige korrespondensie in enige vorm nie en die wenner sal per e-mail in kennis gestel word asook op die Watkykjy Facebook page. As daar nie ‘n wenner is nie, sal ons net ‘n foto van ‘n tolbos of ‘n kriek plaas sonder enige verduidelikink.

 

griffinScore ‘n stel double tickets na Guns ‘n Roses!

Gooi Comment