Raak spaced out op Medicine Boy

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

As jy dit nie reeds weet nie – Medicine Boy bly nou in Berlyn, Duitsland. *Huil so in my mou*.  Ek is bly ek het hulle at least een keer live gesien terwyl ek die kans gehad het. Dit gaan nie meer so maklik wees nie, skiem ek. I’ve said it before and I’ll say it again: hulle is fokken fenominaal live. Dis hoekom hulle nie meer in Mzansi is nie en die wêreld hopelik nou hulle oester is. Hulle het obviously ook ‘n record deal gekry, deur Fuzz Club Records wat vanuit Londen operate. Jirre, daar is ‘indie labels’ en dan is daar hierdie tipe indie labels. Gaan check bietjie Fuzz Club Records se website uit. Lyk amper nie eens indie nie. Kon nie met ‘n meer befokte duo gebeur het nie. Hulle kry nou heavy baie oorsese reviews, en dis goeies ook!
Wat is ons opinie oor die nuwe album? Wel, soos oudergewoonte moes ek eers weer al die albums gaan luister. Dit was nie so maklik vir my om vergelykings te tref hierdie keer nie. Met More Knives (2014) hoor jy alreeds daai intense donker klanke, alhoewel hulle tunes nog rugged en meer basic rock is. Met Kinda Like Electricity (2016) het die duo meer beweeg na wat hulle beskryf as ‘dream noise’. Julle ken mos daai dik, melankoliese pop-rock vibe van hulle? Met hulle tweede album is die musiek meer ingewikkeld. Die songs is, more-often-than-not, meer popmusiek met heavy rock riffs tussenin. Die melodieë kan as catchy beskryf word en dis ‘n meer polished album overall. Die hele konsep van elektrisiteit tussen Lucy Kruger en André Leo (of die chemical reaction), wat in hulle live show so aangrypend is, word beter geïnkorporeer in dié offering. Ek dink ek het laas die Cowboy Junkies as analogie gebruik. Medicine Boy is net nog meer sexy.

Met Lower (2018) is al die gewone Medicine Boy DNA-stamme nog steeds solied in plek. Lucy se pragtige en spookagtige stem, André se kitaaruitbarstings en natuurlik hulle ‘onskuldige intieme dansies’ vol frustrasie.  Dis nog steeds ‘n push and pull tango diep in die diaboliese donkerte. Daar is ook nog sporadiese tromme wat onheil aankondig en dit word alles onderstreep deur die manier hoe hulle die beeldskoonheid van daai moods suksesvol kan vertolk. Dit het my ‘n rukkie geneem om uit te figure wat anders is hierdie keer. Dis nie dadelik voor-die-hand-liggend nie maar as jy lank genoeg in die abyss staar kom jy agter hoe flagrant dit eintlik is.
As Medicine Boy ‘n vreemde dreamy universe is waarvan ons min weet, behalwe dat melankolie en donker passie die spreektaal is en hulle albums planete is, dan is Lower die vreemdste planeet van hulle almal sover. Hulle verken hulle inner space op Lower nog verder, nog dieper. Die kitaar is meer ontstellend maar ook nog sagter op die oor as met hulle vorige musiek. Die twisted melodieë is iewers in die heelal ‘n alien nasie se volksmusiek. David Lynch comes to mind. Toe ek eers toegang verkry tot Lower se atmosfeer en toe ek eers die planeet se uitheemse suurstof inasem terwyl ek deur die lug val na die oppervlakte toe, kon ek dit selfs meer geniet as die vorige albums. Dis anders. Moenie bang wees daarvoor nie. My afwaartse snelheid het met elke song verminder totdat ek met die laaste song stadig na die grond toe gesweef het.

Holy fuck, what a journey!

RolbeesRaak spaced out op Medicine Boy

Gooi Comment