Oktober Hemel – Daar kak nog ‘n ‘met’ Saam Apollo

In Rolbees Reviews deur Rolbees2 Eiertjies

Oktober Hemel – Stuur  My Gedagtes Saam Apollo EP
Vandag check ons bietjie ‘n band uit wat al meer as agt jaar lank bestaan maar nog net nie daai break kon kry wat hulle graag sou wou hê nie. Hulle het in Oktober 2010 begin om presies te wees. Oor die jare het die band lede gekom en gegaan, en so ook hulle songs en idees. Die core van die band het vasgebyt en in Julie vroeër vanjaar kon hulle vir die eerste keer ‘n produk op die tafel neerlê waarmee hulle tevrede was en in die wye wêreld kon instuur. Hulle het al ge-open vir éF-éL (toe hulle nog bestaan het ), Francois Van Coke en daai zef rapper, Jack Parow. Wat festivals aanbetref tune hulle Aardklop was hulle lekkerste festival gewees.
My eerste indrukke was dat Oktober Hemel redelik beïnvloed is deur die Belville-belhammels (vroeë Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties) veral wat riffs en rhythm section aanbetref. Hulle het my getune hulle smaak bands soos Blink 182 en Smashing Pumpkins, en dis ook hoorbaar. Alhoewel hulle offering vir seker nie iets nuuts in Afrikaanse rock and roll is nie, het van die melodieë en harmonieë wat hulle gebruik op dié EP, my aandag getrek. Op die songs Apollo en Belowe My doen hulle iets lekker wat ek dadelik kon hoor. Daar is group shouts en die hoofsanger het multi-layered harmonies op die regte manier gaan record. Hy het immers vir meer as ‘n dekade in die koor gesing, so dis nie net digital enhancement wat jy daar hoor nie. In die analogue seventies het bands soos E.L.O. (Jeff Lynne) dit wat The Beatles begin het in die fifties en sixties, net tot ‘n ander level gevat en teen die tyd dat new wave bands soos Depeche Mode, The Communards en Erasure (om maar net ‘n paar te noem) die musiekmark oorgeneem het, was vocal harmonies en cheesy lyrics die norm. Erasure het nogal die perke daarvan ge-push tot die ultimate fokken cheese level. Maar gaan luister weer na daai vocal harmonies – dit mag dalk cheesy wees, maar as jy dit reg doen, werk dit net. Dit klink nog steeds befok vandag in 2018.
Oktober Hemel is nou op die regte pad, skiem ek. Die songs op die EP is goed gestruktureer maar dit is dalk ‘n bietjie te ‘a few years ago’ wat die alternatiewe Afrikaanse rock mark aanbetref, wat ookal alternatief beteken deesdae. Dis nie noodwendig ‘n slegte ding nie maar as Oktober Hemel ‘n nog beter balans kan kry tussen hulle eie brand hard rock en daai unieke vocal harmonies van hulle, who knows what could happen? Die cheese is opsioneel of noodsaaklik, afhangende van die mark vir wie hulle musiek wil maak, natuurlik.

Die huidige lede is HW Meyer op vocals, Neil Theron op kitaar, Chris Theron op baskitaar en Hennie Myburgh op kitaar. Hendrik Nel, ‘n session muso, het die tromme vir die band gebliksem.  Die EP is opgeneem by Sick Records deur Rob Storm en hy het dit ook produce. Hennie en Chris skryf die lirieke en dan kleur hulle saam met die res van die band dit in later.

Hulle het onlangs shows gedoen by Railways Café en Café Barcelona en hulle kalender lyk baie meer besiger vir volgende jaar. Dit help as jy ‘n lekker produk het wat jy as jou business card kan rondstuur, nê? So, check hulle bietjie uit!

O ja, dudes dis Stuur  My Gedagtes Saam MET Apollo, hoor!
#watgrammarjy
#grammarnazis
#grammaroverartisticfreedom

RolbeesOktober Hemel – Daar kak nog ‘n ‘met’ Saam Apollo

Comments

  1. Adri

    Oktober Hemel julle ROCK!!!! Ster van Bethlehem my favourite! Hou aan met julle awesome musiek!

Gooi Comment